Agter die Magalies
O misterieuse kolos van n berg
O soepel rustig wasige berg
Jy troon soos n ware sieraat.
Agter jou skadu skuil nruwe bosveld
Rustige woonplek vir boorling tot antiloop
In jou grootte,uit jou onbekende
Straal daar n goddelike,magiese skoonheid.
N sieraad waarlik heerser van die bosland,hartland.
Saans as die soepel sagte skynsel van die sekelmaan
Sy lig straal oor jou laat speel en sprei
Besef elke Godgeskape skepsel
Deur jou dofheid en waan
Sal alles agter jou net leef en gedy
More ja more is nog n dag
Agter jou ,misterieuse soepel Magaliesberg.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek