
April 2023 – KLUG projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 13 lede!
WENNERS
Gedigte
BRONS
1ste: NO 7 Pieter Mostert met Rat voor my oë
2de: NO 2 Fanus Strydom met Onder oë hou
3de: NO 3 & NO 10 Fanus Strydom met Klopdisselboom & Elna Kruger met Verraad
SILWER
1ste: NO 16 Marlene Erasmus met Leë woorde
2de: NO 14 Francois Meyer met Goëlende ratwerk
3de: NO 8 Hester Steenkamp met Ratdraaier
GOUD
1ste: NO 18 Andries Fourie met Die siklus
2de: NO 11 Caren Kearley met Verloënde spore
3de: NO 15 & NO 19 Caren Kearley met Skuins voor my oggend breek & Elmarie Nienaber Van Kampen met Farce
MENINGSTUKKE
1ste: NO 5 Louisa Van Vliet met Die euwel van leuens
2de: NO 4 Loret Zwarts met Leuens die euwel van ons tyd
3de: NO 6 Loret Zwarts met Leuens jou kopkussing
ARTIKELS
1ste: NO 3 Marlene Erasmus met Hoekom is ’n funksionerende strafgerigstelsel belangrik?
2de: NO 2 Ano met Wetteloosheid, ons nuwe normaal
GEEN
RUBRIEKE
1ste: NO 4 Marlene Erasmus met die Skokkende nuus oor Vader Kersfees
2de: NO 3 Ano met Kersvader noodlottig gewond, die skuldiges nog op vrye voet
3de: NO 2 Amanda De Meillon met Kersvader is ’n klug waarin net grootmense glo
VERHALE
1ste: NO 2 Amanda De Meillon met Huweliksverraad (Die grootste klugspel)
2de: NO 4 Fanus Strydom met Klugliedere
3de: NO 5 Marlene Erasmus met Die waarheid oor Kersvader
Lees die weninskrywings hier: https://ink.org.za/biblioteek/projek-wenners/
Kommentaar:
Gedigte
BRONS
2.ONDER Oë HOU
Die tipografiese aanbieding dra veral by tot die “streng” gesprek (alhoewel ‘n monoloog) in die gedig. Soms as ‘n spreker kwaad is praat mens in mono-lettergrepe en hierdie aanbieding verbeeld die ontsteltenis so. Die “rat-a-rat” herinner my aan die Franse “tete-a-tete” wat natuurlik ‘n privaat gesprek beteken. Dit was slim van jou om daarop te sinspeel. Baie slim en sterk vers. Welgedaan.
3.Klopdisselboom
Die tipografie dra in besonder by tot hierdie ritmiese gedig. Die enkel woorde in die sinne maak dit vir die leser moontlik om die sterk emosie wat in elkeen opgeneem is te ervaar. Mooi vers.
4.Die rat voor haar oë
Jy het probeer om die sondeval van Eva te verwoord, en miskien is dit ‘n emosionele aanslag maar dit lees lelik kripties. Die losstaande selfstandige naamwoorde (soos twyfel) kon baie meer funksioneel met Koppel- of lidwoorde gebruik word om beter vloei en ritme te bekom. Ek dink ook jy sou eerder “listigheid” as “lustigheid” bedoel. Probeer skryf soos jy daagliks sal praat dan vermy jy die strikke wat so maklik jou gedig kan pootjie.
5.Klugliefde voor hul oë
Spelling, vorm en feitlikheid laat jou struikel. Jou vers lees soos iemand wat geld probeer spaar om die telegram soos kort en kripties as moontlik te hou. Jou vers is ‘n versameling van losstaande gedagtes wat met blinde geloof bymekaar gegooi is in die hoop dat iewers aan die einde daar’ n gedig sal verskyn.
6.Rat voor my oë draai
Ek dink jou sou meer sukses met jou vers behaal het as jy nie ‘n kritiese aanslag gevolg het nie. Op baie plekke in jou vers is daar sinne was losstaande hang en nie mooi geintegreer is nie. Die vers is ook onnodig woordswaar. Jy kon steeds’ n suksesvolle gedig skep wat die hartroerende verhaal van Meraai vertel in ‘n meer kompakte aanbieding. Die vers is lomp en voel onafgerond.
7.Rat voor my oë
Jou gedig is aangrypend mooi en sluit Baie sterk. Daar is slegs twee klein dingetjies waaroor ek kritiek het:
- Die herhaling van grashalms pla
b.Die gedig sou beter en sterker vertoon indie jy hom nie met ‘n ellips sluit nie.
Dit is’ n baie sterk gedig wat by my ‘n indruk laat. Welgedaan.
9.Sy het’ n rat voor my oë gedraai
Die hakies op jou (‘n) is almal foutief en selfs die deelteken op die oe. Die gedig lees kripties soos’ n telegram. Lid- en koppelwoorde sou jou kon help om ‘n meer vloeiende vers te skep. Jy kan die volle potensiaal van hierdie vers maklik ontsluit deur minimale redigering.
10.Verraad
Jou vers het’ n pragtige vars aanslag op die tema. In die derde strofe het jy seker bedoel “uiitgeskop” en nie “uitgestop” nie. Jou vers is ritmies en het ‘n mooi ongeforseerde rympatroon. Welgedaan.
21.As die wiel draai
Eerstens: “vir seker” eerder as “verseker”. Verseker word slegs gebruik in die geval van termynversekering en as dit as’ n sinoniem met defnitief vervang kan word. Ek besef dit is ‘n emosionele vers maar dit ontbreek aan nodige punktuasie en metriese ritme. Dit lees op plekke soos losstaande gedagtes waardeur die leser nie die lyn kan trek nie.
SILWER
1.Banaal
Ek as moderator moet lees, oorweeg en beoordeel, en dit is nie altyd my werk om deur interpretasie sin te probeer maak van die inhoud nie, maar dit gese, dit maak tog my taak makliker indien ek kan. Ek verstaan nie hoe klank (woorde) werklik ‘n rol kan (of selfs moet) speel in die daad wat jy in jou vers bespreek nie. Daar is’ n wedloop wat plaasvind in die intieme gange van twee mense wat gemeenskap het, maar waar die klank betrokke is laat my verward. Om die inhoud te krit moet ek ‘n mate van begrip hê.
8.Ratdraaier
Ek dink jou vers is goeie sosiale kommentaar en kan deurgetrek word na veeskeie voorbeelde van sulke “ratdraaiers”
Ritmies en keurig.
14.Goëlende ratwerk
Jou vers behandel hoe waarheid oor die leuen sal seevier. Ek dink die gedig-idee is skerpsinnig. Ek ervaar egter die herhaling van sekere woorde steurend en onnodig. Die Afrikaanse woordeskat is so ruim dat mooi gepaste sinonieme of alternatiewe maklik beskikbaar is. Jou vers is nietemin keurig.
16.Leë woorde
Jou Rondeel is geslaagd. Baie dankie dat jy ander vorme aanpak en dit suksesvol aanbied. Welgedaan.
17.In verkeerde rat
Jou vers is lomp en woordoorbodig. Die vers is myns insiens nie op Silwer standaard nie. Ek weet dit dui op eie emosie maar die vers in ontneem van enige varsheid of oorspronklikheid.
GOUD
11.Verloende spore
Jou vers is verruklik ten spyte daarvan dat dit ‘n baie hartseer tema takel. Die metafore en beelde is treffend. Baie goeie vers.
12.Slim vang sy baas
Funksionele lid- en koppelwoorde en punktuasie is ons vriende wanneer ons digkuns pleeg. Ek gaan’ n gedeelte van jou vers hier aanhaal en probeer demostreer wat ek daarmee bedoel:
“jou riempies raak dun
en styfgetrek,
jou verskonings uitgewas
jy kon meesterlik flikvlooi
wyl jou prooi stewig vas
in die web van jou vernietiging
in sikwerdraad gespin…”
Soos jy kan sien kan klein verandering groot resultate oplewer.
Ek hou van die inhoud hiervan maar in sy huidige vorm ontbreek die beste weergawe van wat dit kon wees.
13.Honger in jou hand
“Weierwind” is so ‘n pragtige beskrywende woord. Ek hou daarvan. Ek hou van die vers wat mooi beelde omskryf en ritmies aangebied is. Mooi gedoen.
15.Skuins voor my oggend breek
Aangrypende vers. Dit is ritmies en vloeiend. Die inhoud (alhoewel hartseer) is keurig en treffend. Welgedaan.
18.Die siklus
Die lewensiklus is ‘n onvermydelike deel van die menslike toestand. Jy het jouself oortref met hierdie skittervers wat gebruik maak van die mooiste beelde en neologismes. Ek het regtig heerlik hieraan gelees.
19.farce
Dit is’ n kragtoertjie hierdie. Welgedaan. Jou aanhef (Shakespeare) is ‘n goeie bronteks vir die inhoud van joune. Mooi gedoen.
20.Paljas
Van al die inskrywings in die goue klas is hierdie nie my gunsteling nie. Dit ontbreek aan oorspronklikeid. Ek sou meer verwag van’ n goue inskrywing.
22.Dollosbeen-dade
Dit is nie my werk om verse te ontsyfer, te interpreteer en daarvan sin te maak nie. Gedigte mag raaiselagtig wees omdat deel is van digkuns se sjarme, MAAR, ek moet tog die terme en idees versoen om behoorlik te krit. Ek het glad nie die vers verstaan nie. Ek dink tog, in die kategorie van die klandestiene is hierdie ‘n treffer. Ek Kan egter geen akademiese foutlyn hier sien nie en gaan jou nie penaliseer vir my onvermoe om te interpreteer nie.
23.Meegesleur deur’ n leuen.
Ek het ‘n spesmaas dat ek hierdie vers voorheen ook gelees het. Het jy dit dalk in die verlede in een van die projekte gebruik of speel my grysstof speletjies?
Ek Hou hiervan. Dit is eerlike digkuns alhoewel jy dit in mooi metaforiek geklee het.
24.Heuningwoorde
Kort, kragtig en in die kol. Vind jy dit ook snaaks dat hierdie maand se tema so maklik aansluit by ons interpretasie van gefaalde vergoudings en die ontnugtering wat blinde vertroue bring? Mooi vers.
MENINGSTUK
1.Die sluier van misleiding
Let op spelling, lang sinne en onnodige herhaling van sekere terme. Ek dink jou menigstuk kan meer impak maak indien jy hieraan redigeer.
2.Leuens ketting jou
Die meningsruk is keurig. Ek dink jy het tog die euwel van leuens belig alhoewel jy van persoonlike verhoudings tot politiek onder die loep geneem het.
3.Groot vlieende varke met klein vlerkies
Ek dink jou meningstuk is eerder ‘n essay as’ n opinie. Ek dink tog jy het die euwel van leuens bespreek maar dit moet in die toekoms liewer nie ‘n storievorm aanneem nie.
4.Leuens die euwel van ons tyd
Let asseblief of spelling en veral op die hakie by die (‘n). Beeldspraak moet ook darem sin maak en as voorbeeld jou verwysing na “kondensmelk koffie”. Ek verstaan nie waarom jy so beeld sou gebruik nie. Die meningstuk is egter geslaagd en keurig.
5.Die euwel van leuens
Jy maak gebruik van baie lang sinne wat natuurlik die leesproses bemoeilik. Jy maak wel funksioneel gebruik van punktuasie. Jou meningstuk is keurig en mooi aangebied.
6.Leuens jou kopkussing
Let daarop dat punktuasie jou vriend is as jy skryf. Lang sinne sonder funksionele leestekens maak dit die leesproses moeilik. Jou aanbieding is tematies en keurig.
ARTIKEL:
1.Belangrikheid van ‘n funksionerende strafregstelsel
Jy het jouself telke male herhaal in die artikel en het jou eie mening weer gegee eerder as om nagevorsde inligting met die leser te deel. Ek het ook nie jou raakgelees wat die belangrikheid daarvan is nie maar eerder persoonlike waarneming en sentiment. Artikels behoort ware feite, statistieke en aanhalings te bevat anders as wanneer ons rubrieke skryf.
2.Wetteloosheid, ons nuwe normaal
Jou artikel is mooi nagevors en die aanbieding is netjies en keurig. Jy slot is ook goed waar jy alles saamvat deur ‘n oplossing voor te stel om die probleem te hanteer. Baie netjies.
3.Hoekom is ‘n funksionerende strafregstelsel nodig?
Jy het jouself baie goed gekwyt van jou taak. Jy het elke vraag wat jy self gestel het met goeie navorsing beantwoord. Jou aanbieding is baie keurig en netjies. Baie goeie aanbieding.
RUBRIEKE:
1.Die skok, Kersvader is ‘n klug
Ek dink jou rubriek, soos dit moet wees, is’ n persoonlike gewaarwording wat jy met die leader deel. Let net daarop dat jy nie jou sinne te lank maak sonder om punktuasie te gebruik nie.
2.Kersvader is ‘n klug waarin net groot mense glo
Agge nee, wil jy my vertel Sinter Klaas het al die jare by Makro gekoop? Ek glimlag terwyl ek jou rubriek lees. Ek dink darem daar is nog’ n plekkie vir Vet Oom Klaas wat die onskuld by kinders aanmoedig. Keurig geskryf.
3.Vader Kersfees noodlottig gewond, die skuldiges op vrye voet
Jy het jou rubriek gebruik om aandag te skenk aan die werklike rede hoekom die verhaal van Sinter Klaas so belangrik is. Ek vind dit onnodig om die euwel in sulke verhale te probeer sien. Die wat sterk godsdienstige voorbehoud het vergeet dat die grootste gedeelte van Christus se bediening uit verhale, beeldspraak en gelykenisse bestaan het. Jou aanbieding is pragtig.
4.Skokkende nuus oor Vader Kersfees
Jou rubriek is pragtig, goed versorg en aangebied. Welgedaan.
VERHALE
1.Klugspel van ‘n verkleurmannetjie
Ek dink jy probeer te veel in die storie weef. Ek wonder ook of die eerste persoon vertelling hiervan geslaagd is nie. Indien jy op “een saak” gefokus het kon dit’ n suksesvolle verhaal wees.
2.Huweliksverraad
Die draai in die storie het my verras. Mooi gedoen. Die karakter ontwikkeling is netjies. Ek het lekker aan jou verhaal gelees. Welgedaan.
3.Ai lawaai
Dit klink amper of die karakter in hierdie storie te doen gekry het met ‘n moderator wat skree oor die kappie op die “e”.
Ek dink die storie het potensiaal maar ek wonder of dit ‘n verhaal is wat geslaagd in ‘n beperkte woordtelling opdrag pas? Dit voel vir my of die crux te vroeg op die spits gedryf word as jy dit in so spasie moet inpas. Ek dink wel die storie het oneindigende potensiaal.
4.Klugliedere
Hierdie storie sluit baie goed. Ek sou wou sien dat jy effe orde skep in en om die gross karakters. Hierdie kan ‘n treffer wees indien jy noukering redigeer. Dit is sterk sosiale kommentaar. Ek dink dit is slim ontwikkel.
5.Die waarheid oor kersvader
Dit is’ n keurige verhaal. Mooi vertel met ‘n goeie les ingewerk.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.