Jongste aktiwiteit:

Arendsvlerke

winde van verandering
lig swaeltjies op die winterwind
na vreugdevolle sonskyndae en
maatjies wat na liefde vra

nou hang ek hier in grys en grou
die koue om my toegevou
my vlertjies is geknip o Heer
lugstrome vloei verby my seer

ek sien die swaeltjies sweef en speel
my vreugde net ‘n tafereel
my hoop gevestig op U Gees
om in die koud by my te wees

wees U my arendsvlerk o Heer
en lig my weer na hoër hoogtes
ver bo die probleme van die tyd
na U volkoom’ tevrendenheid

so hoog soos wat U Gees my neem
raak alles klein en nietig Heer
al nader sweef ek aan my God
my lief’d vir Hom; Sy groot gebod

my arendsvlug van wonderskoon
om ewig in U huis te woon
probleme weggevoer deur wind
op Arendsvlerke, ek. U kind.




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed