Jongste aktiwiteit:

My Baby-Bekkie-Blom

My Baby-Bekkie-Blom
Ek sien vanaand die maan groei aan die horison
En die oseaan spoel heen en weer
Soos jou liefde dring deur die stormweer

My Baby-Bekkie-Blom
Die winterwind waai warm deur my hart
Ek voel jou nou naby, hier by my
en jou verlangwoord
wat die wind na my toe aanwaai
(teen my vaswaai)
wat my hier kom haal

My Baby-Bekkie-Blom,
Ek sien vanaand die maan reik
hoog na die hemelboog.
Die donker nag se helder oog
gloei warm oor my wang.
En branders rol steeds na my toe aan
soos ek hier staan
en nog na jou verlang.

En as stormgolwe keer op keer gaan le
Weet ek my Baby-Bekkie-Blom
jy is die son
wat na die koue nag opkom
en my in ‘n menskombersie toevou
soos jy jou arms om my vou

Ek is so baie lief vir jou.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed