Jongste aktiwiteit:

As ek soggens ontwaak.

As ek soggens ontwaak
is jy die eerste een op
wie my oë liefdevol rus
al is jy nog in droomland—
Jy is die liefde, vreugde en rede
waarom ek my dagtaak aanpak—
Elkeen gaan sy weg waar
werk en pligte roep
met die die seker wete
vanaand kom jy huistoe
want jy is myne,
my rus en vrede, en
vanaand is jy die laaste een
wat my oë liefdevol op sal rus
en in wie se arms ek veilig
en knus gaan nestel—

Janetta – Helena [Babs]©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed