Waterspoor van ‘n Wildegans
teen die oewer van die horison –
daar waar die son bloeiend in
skakerings van karmyn
asemloos sterf –
trek die vlug
van ‘n verdwaalde swaeltjie
donker strepe deur die lug
verby die dowwe skyn
van Venus se lig
in die skadu’s
van ‘n verlate Wilgerboom
wat treurend oor water hang
word lig en donker
deur die wind
se stem opgevang
om dan ritmies
in rimpeltrane
die stadige wals
tussen verskuilde
wildegans oor
waterspoor
te dans
© Anzé Bezuidenhout
2 Kommentare
-

neels
sjoe Anze hierdie werk vat aan die hart
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
'n gedig vol pragtige beelde, Anze