Skilder
Skilder
Lets find a beautiful place to get lost – anon
Skilder vir my
jou mooiste huisie
teen sandduin
en brander se woel.
Verf ‘n bankie
reg voor die deur
en voete
wat swaai in die spoel.
Kom sit dan by my
reg langs die hunker
van my lyf…
na jou…
Speel met jou vingers
deur die krul van my haar.
Fluister wanneer jy praat,
vertel my jou geheim,
dat ek kan weet
en myself net daar,
langs jou vergeet
@Anton Kilian
4 Kommentare
-
-
Meermin
Pragtig. Jy praat my taal.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe.. dis so saggies-mooi!!!