Jongste aktiwiteit:

Die Jakkals Se Roep

Die Jakkals Se Roep

Dis volmaan en kortkort vlieg die
donker skaduwee van ‘n uil voor
die helder maanskyn verby en skielik
swiep ‘n vlermuis geluidloos neer op
‘n fladderende mot jy gril en trek
die kombers instinktief stywer om
die skouers en ril by die veraf huil van
‘n alleen jakkals se roep na sy maat
wat eggo in jou eie eensame hart en
in simpatie bonsend klop as jy soekend
tas na die leemte langs jou want jou
stille roep bereik nie die anderkant—
Die jakkals se huil het verstil,
hy het sy maat gevind—

Janetta – Helena [Babs]©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed