Jongste aktiwiteit:

Nou weet ek tyd is baie Kosbaar…. (Carpe Diem – Gryp Die Oomblik)

Tyd het so vinnig verby gevlieg,
pappa, ek en jy het mekaar heeltemal te min gesien.
Ek dink aan al die kere wat ek langneus ontwikkel het,
ek het baie vir pa gelieg,
ek wonder ook soms hoe kon ek so goeie pa verdien.

Ek sou eerder laaste goeie oomblikke saam met pa wou deel,
as om pa die heeeltyd op daai masjiene en asemhalings pype te sien.
Soms as ek my oë toe maak sien ek dit nogsteeds,
pa het nooit dié lelike soort kanker verdien,
maar ek het nou geleer,
tyd is baie kosbaar en môre is nie gewaarborg om daar te wees,
ek hoop pappa het my in pa se laaste tyd vergeef,
ek dink baie daaraan,
ek sou nie so wil lééf.

So nou doen ek goed wat vir my belangrik is,
want van die kosbare tyd is ek bewus.
Ek lééf elke oomblik aso dit my laaste is,
ek gryp die oomblik !
Want van kosbare tyd,
is ek beslis al vier jaar lank bewus

(Carpe Diem)

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed