As hy dieper kyk
As hy dieper kyk
emosionele jaarringe letsel die stafies van sy oë
keëltjie sy palet van vryheid met misnoë bewoë
toegegrendel in ‘n wêreld van kleurlose skeiding
ontplooi sy prentjie van swart en wit lyding
die blou van sy oë tralie bevryding
geweb ’n wêreld van swart en wit omlyning
vasgekluister in ’n skepping van metaal en beton
tussen emosionele jaarringe gekokon
in sy swart en wit stafie-keëltjie wêreld
nardusstraal emosie uit die palet in sy hande
letsel jaarringe van pyn en hartseer sy gemoed
en vervaag onsekerheid vryheid se hande
kleurloos is sy eie skepping as hy dieper kyk
toegegrendel tussen jaarringe van ondeurdagte besluite …
————————oo000oo———————
© Pierer Mostert
NEOLOGISMES = ‘letsel’, ‘keëltjie’, ‘tralie’, ‘nardusstraal’
[STERGRADERING = BRONS]
2 Kommentare
-
Koos Elsum
Ek het ń paar keer lees en meer meer gesien /gelees, dankie baie goed en geniet. Kommetaar: Ek is geen kenner vd tegniese aspekte vd digkuns nie, die volgende is net my eie leer proses so word elkeen 1. Die vloei van kleur / skilder en gelaatstrekke emosies is goed want dit maak die gedig oop op baie vlakke vir lesers
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2023 BLOU projek