Jongste aktiwiteit:

Introspeksie

Introspeksie

selfone en selfone en selfone oratoruim die lug

basviool normale verbale kommunikasie

in ons skole in ons werke in ons kerke

in ons huise in ons voorhuise in ons kombuise …

 

shacks en shacks en shacks in rye en rye geplak

rommel en rommel  gestrooi gegooi in riviere se mooi

kettingsae wat reënwoude se vryheid ontbos

boorgate sink dors in aardkors wyl voëls vlug oor die vuil lug

 

landbou en mynbou en bosbou laat die ekologie rou

menslike-afval en kernafval en chemiese-afval

en oorloë wat missiele laat reën uit die lug se blou

verval die aarde tot ekologiese lyk sover jy kyk

 

kan betonoerwoude wat bloei en bloei

‘n vrygevoel laat groei en groei en groei …

———————-oo00oo—————————

© Pieter Mostert

NEOLOGISMES = ‘oratoruim’ en ‘basviool’

[STERGRADERING = BRONS]




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak