Boelies van die blou
BOELIES VAN DIE BLOU
In die donker dieptes daal hulle neer,
tot op die vloervlak van die oseaan,
die boelievisse wat op ander visse teer
en al vretende hul oorlogspad gaan.
Dan skielik trek hul kilometers ver van daar
opwaarts tot daar waar die water bloustil rus,
terwyl menslike wesens in die genot baljaar,
van die naderende verskrikking onbewus.
Maar hulle dink verniet hulle is vry
terwyl hulle vrees afdwing op mens en vis.
Dis net waar hulle in die beskerming van die water bly,
waar hierdie gedagte hulle gewete kan sus.
Dit is eers wanneer die see hul op die strand uitspoel
dat hulle sal verstaan wat ek bedoel.
Neologismes : Boelievisse (haaie)
Bloustil (die kalm see op ‘n windstil dag)
Vloervlak (bodem)
Hennie du Toit
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2023 BLOU projek