Jongste aktiwiteit:

Bacchus

Elk foto gestuur, verteenwoordig

Die verlange en hoop vasgevang
In ure, minute, sekondes, stil toegedig
In omsoomde nood gestang

Ek bid die viriliteit van jou lyf
Meer nog jou manlik mensheid
Kokon van kalm vrede, léwe inkluis
In die vol smaak van jou vrug, jou huid

Skenk ek my liggaam in spandraad
Jou lotelinge wat deur en óm my rank
Met drang nuwe blare stoot, asof wraak
Verwoed groei jy van stam tot drank

Min is daar om te gee, as gebed vir skaduwee
Waar my klein-bestaan bloot ruimte bied
Vir jou om vol vrug, jou erotiek en denke te smee
Waar jy jou volkome godheid kan geniet.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed