Bedrieglike Eb En Vloed
Bedrieglike Eb En Vloed
Ver van my heimat
het ek kom troos soek en hier
op die strandbankie kom sit en
ver oor die weidse blou einders getuur,
maar die aanrollende
skuimende branders
bring vir my geen troosboodskap
nie en die bedrieglike eb en vloed
wink en trek jou met meesleurende
stroomversnellings die diepsee in—
Die Loreleirotse is dodelik aanloklik
maar daar sink die skepe in donker
ysige dieptes weg tot op die seebodem
in een groot waterbegraafplaas met
geen grafsteen van wie lê waar nie,
maar my geliefde het ‘n seker plek
waar die briesie sy graf streel en tortels
rustig koer in die skaduryke
ou kameeldoringboom—
Janetta- Helena [Babs] ©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
hierdie is n baie teer en nostalgiese gedig, pragtig gepen tannie Babs