Beth-El
Beth-El
Daar is ʼn plekkie hier diep binne my
wat niemand anders te siene kry
dis na hierdie stil plek waar ek heen gaan
om te herkou aan al die dinge wat om my aangaan.
Hierdie alleen-wees plek is Beth-El vir my
dit is hier waar ek by God my leiding kry
hier oorwin ek my vyand, hier stort ek my traan
hier vind ek genade en krag om voort te gaan.
Hier het ek geleer om minder vrae te vra
en om “God se tyd” met geduld te verdra
“vrede wat verstand te bowe gaan”
hier leer ek glo sonder dat ek verstaan!
deur Stephan Uys
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.