bewimpel
niks in die natuur is vals nie
behalwe as jy die mens daarin sien
bosbok wat vroeg soggens blaf in sy gebied
rooibokke wat sirkel en nies op hul hoop mis
leeu mannetjie wat saans beduie hy is op jag
kiewiet wat sy kleintjies beskerm met lawaai
fisante wat hul kleintjies onder fynbos bêre
jakkalse en varke wat in gate gaan woon
elkeen het sy doel bedags of snags
daarteenoor staan die mens
gebrekkige integriteit
slegs tot voordeel
van die eie ek
lei tot swak
i
n
t
e
g
r
i
t
e
i
t
eerbaarheid
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.