Die Boesman kwessie word tot n spits gedryf in Serowe
Dit was baie duidelik dat die boesmans nie die uitverkore volk van die staat was nie, inteendeel hulle was as aasdiere gesien wat net n ergrenis was. Omdat die stomme mense vir so vele eeue deur so vele nasies vervolg was het hulle alles probeer om so onafhanklik en afsydig as moontlik te leef. Hulle het niemand vertrou nie en wou ook nie meng met ander nasies nie, ek sou ook nie as ek vir so lank vertrap en verag was nie. Ons opheffing was aanvanklik gemik om net die nasie op te hef maar dit het gou die staat se leemte gewys dat sy eie volk ook nie dienste van hulle af kry nie. Die humanitere opheffing is aan almal gebied maar die doel was die boesmans. Ek het met baie kundiges hieroor gepraat en toe ons die parke se grense afbaken is alle volke uit die parke verwyder en dit sou uitsluitlik net vir boesmans beskore wees om binne die grense te mag woon. Hier kon hulle hulle nomadiese bestaan voortsit en by die waterpunte gaan woon en ons sou hulle medies diens. Die konsessie houers het ook baie van boesmans gebruik gemaak en die meeste was goed vir hulle mense. Die parke wat net vir hulle beskore was, was my eerste oorwinning vir die boesmans. Ek was in beheer van die parke so hulle was vir die eerste maal welkom by iemand. Hulle was egter as n las gesien wat geen bydrae tot die staat kon doen nie. Die staat het water en lewensruimte gebied en dit moes genoeg wees, aldus Peter Williams. Water en n dak oor n mens se kop was nie vir my genoeg nie. Mediese dienste en menslikheid was vir my baie noodsaaklik.
Daar was n hele paar volke onder die naam van boesman getel, baie het soos Tswanas gelyk maar hulle self as boesmans gesien en was ook so genoem. Die egte Boesman was n nomaad wat onder geen regering of wet wou staan nie en hulle geloof het gemaak dat die hele aarde en die wereld hulle eiendom was en hulle wou gaan en doen wat hulle wou. Dit was natuurlik nie uitvoerbaar nie en hulle sou baie gou leer dat hulle binne die grense van die parke beskerm en gediens sou word. Buite die grense was hulle op hulle self aangewese. Vir baie jare het hulle geen diens ontvang nie behalwe om uitgebuit te word deur baie soorte nasies en dit het ongelukkig baie boere ingesluit. Lands grense het hulle ook nie gekeer nie en hulle was werklik niks meer werd as die volop wildtroppe van die deel van Afrika nie. Hulle was ook nie die beste werkers nie en het gekom en gegaan op plase soos hulle wou. Boere het selfs hulle kinders saans toegesluit om hulle te behou en te keer dat hulle wegloop. Daar was maar min wit boere in Botswana en dit moet ook so gelees word. Die enkele wit boere wat ek geken het was goed vir hulle mense. In Botswana was n boer n boer ongeag sy kleur. By die wit boere het ek net boesmans gesien werk en hulle was vee wagters en het selfs vee van hulle eie aan gehou en perd gery en was goed versorg tog ook maar primitief. Hulle was mak boesmans genoem. Van hulle was vir geslagte by die mense werksaam. Die nomade was heel anders as die mak boesmans en het getrek soos die reen en die toormanne dit voorgeskryf het.
Dit het twee hoof gevolge gehad. Eerstens het hulle besef dat hulle nie welkom is nie en het dus probeer om so onafhanklik en baie male so onopsigtelik as moontlik te wees. So lank hulle kon oorleef en trek agter wild aan en uit die pad bly van ander mense het hulle dit so ver moontlik probeer doen. Tweedens kon hulle ook net so lank uit ander mense se gebiede bly voor hulle moes kontak maak. Dan het hulle al hul selfvertoue en moed verloor en was onderdanig en het so die slawe geword van vele. Dit was n kwessie wat seker net so oud soos die aarde was en baie het al probeer maar kon dit nie oplos nie. Ek wou dit werklik nie oplos nie want ek sou nie in staat wees daartoe nie. Ek wou net lewens toestande verbeter. Dit was baie gevra in n outokratiese land waar die son net vir n sekere groep van die bevolking geskyn het. Ek kon dit nie verder met die minister bespreek nie want hy het net soos die staat geredeneer en kon ook nie verwag dat Kabous se mense alles op hulle moes neem nie. Ek het nog net sukses met die president gehad en het besluit om direk met hom te gaan praat.
Ek het lank gedink en probeer navorsing doen om n tipe van blywende oplossing te kry vir die boesmans wat dan alle boesmans in die land sou insluit. Hulle was nie baie nie en van verskillende stamme en groepe en hulle kon nie eintlik veel gekos het om in stand te hou nie. Ek het n boesman begroting gehad wat ons gebruik het om infrasruktuur mee te bou en oorslaap plekke maar ek kon nie noodsaaklike voedsel vir siek mense aankoop nie en ook nie byvoorbeeld poeier melk vir die kinders nie. Baie moeders was siek en kon nie die kleintjies soog nie. Die mense was nomade en het nie geboer nie en daar was selfs n wet dat hulle nie mag vee aangehou het nie. Die wat by Makuku was, was gevestig rondom die Delta en was baie goed af want hulle kon baie verskillende soorte wild en vis eet en hulle was geleer om te plant. Hulle was intelligent en het gou geleer wat van hulle verwag word en die nonne het n absolute reuse taak met wondere verrig deur die opheffing daar te doen. Baie was deur leeus gevang en voor ons daar gekom het was daar feitlik niks daaraan gedoen nie. Dit was as natuurlik gesien en tot n mate n oplossing vir die probleem. Die president het my persoonlik in die pos aangestel en ek het besluit om dit dan met hom persoonlik te gaan bespreek.
Ek het n afspraak met die sattaliet foon gemaak en die helikopter het my en Jeannie kom haal by Nyati. Die loods was hierdie slag Ian Kghama wat by Mark McClean geleer vlieg het en ek het nie veel tyd gehad vir hom nie. Ons was saam op die valskerm kursus wat die weermag vir senior offsiere by Upinton en Wahlmansdal aangebied het. Hy het die kursus nie gemaak nie maar is net soos ons wat dit gedoen het vereer. Dit was die sg. Padvinder kursus en n redelike taai kursus waar soldate geleer was om vryval te spring. Die Verkennings manne het die kursus ook gedoen. Hy was n rassis en hoewel sy ma witter as ek was het ek baie gou gehoor by hom dat hy die opvolger en basies die eienaar van die Bamangwato stam in sy land was. Dit kon my min skeel wat hy was. Vir my was hy n windgat en n bedorwe brok wat nie sy mond meer kon uitspoel teenoor die toestande in my land nie. Ons het min vir mekaar te se gehad want ek het ongelukkig sy mislukte kursus deur gekom en het geweet dat ek meer van hom weet as baie ander mense in sy land.
Ons het in Serowe gaan land en daar was weer die regeringsvoertuie met wagte wat ons na die hotel geneem het en weer was ons gepamperlang met bykans alles wat ons wou he. Die sekretaris het weer vir ons nuwe klere laat kry en Jeannie het vir haar n tradisionele uitrusting gekry wat haar soos die inheemse dames laat lyk het. Baie mooi en baie stylvol en ek het n pak gekry en ons sou die middag en aand formeel eet saam met die president en sy gade by sy ampswoning. Seretse Kghama was n baie ordentlike man wat geleerd was en baie begrip getoon het vir probleme en baie lief was vir sy land. Hy was die seun van n koning maar tog nederig en reguit. Sy vrae was ook op die man af. Sy vrou, Lady Ruth, was van die burgerstand in Brittanje maar n baie aangename mens en ook nederig. Sy het n graad in maatskaplik gehad. Die onder president en sy vrou was ook daar en ons het in n groot onthaalsaal geeet met die sekretarisse wat van alles sou aantekeninge maak. Niks uitspattig nie net ordentlik. Dit kon net so wel n groot plaashuis gewees het.
Ek het baie welkom gevoel en die hele boesman kwessie soos ek dit gesien het verduidelik. Van hulle was slawe by die inheemse volke en dit moes verbied word. Hulle moes ook kon boer hoewel ek en hy geweet het dit sou nie moontlik wees nie. Dit is toegestaan. Die begroting wat ek gehad het was nie voldoende om in basiese behoeftes te voldoen nie. Hy het my stip aangekyk en gese dat ons n rukkie moes wag, sy weermag hoof sou binnekort daar wees. Hy het hom laat roep. Die man was binne vyftien minute daar en het bly staan. Hy het opdrag gegee dat sy weermag alles wat ek sou vra vir die boesmans binne 48 uur by n gegewe plek van my keuse moes aflaai. Alle logistiek van enige soort moes deur die man hanteer word.
Ek moes n foon kry en kon direk my bestellings plaas by die generaal. Daar sou wetgewing gedoen word wat my aanbevelings in werking sou stel. Die boesman kwessie is direk aan my goed dunke oorgelaat en ek het nou direkte lyne gehad om met die generaal of die president te kon praat wanner ek wou. Ek kon nie glo wat ek hoor nie. Alle opdragte betreffende die boesmans van my af moes as n direkte opdrag van die president se kantoor gesien word en so gou as moontlik uitgevoer word. Dit wat ek vir so vele nagte oor gedroom het was binne tien minute afgehandel. Hy wou weet of daar nog iets was wat gepla het, ek was te verdwaas om te antwoord. Ek het harde onderhandelinge verwag wat toe glad nie gerealiseer het nie. Ek het basies n oop tjekboek gehad om mense te help wat ek nie eens twee woorde van hulle taal kon praat nie. Dit was meer as wonderlik en ek het gewonder hoekom dit nie al jare gelede gedoen was nie.
Ons het op die stoep gaan sit en ek het geweet dat hy n christen was. Hy het nie met sy geloof gespog nie maar het baie nougeset dit uitgeleef. Ek het gevra of hy sou omgee as ek n gebed doen en hy was baie te vinde daarvoor. Ek het nie verwag dat hy by sy stoel sou gaan kniel nie maar hy het. Ek het die Groot Gewer bedank vir die wonderlike dag en dat ek met so n ordentlike mens kon onderhandel. Hy het ook gebid en ons het opgestaan en mekaar n stewige handdruk gegee. Ek en Jeannie kon die trane nie keer nie, ons was so bekommerd oor die boesmans en dit was nou iets van die verlede. Hy het my die beste toegewens vir my werk en was bly dat ons met hom kom praat het. Ek sou my lewe lank n baie groot ondersteuner van die man wees en hy het my gedra so ver hy kon om my drome vir sy land laat waar word. Ek beskou hom vandag nog as seker een van die grootste swart leiers wat die kontinent nog opgelewer het. Hy het nooit die eer gekry wat hom toegekom het nie en deur al die politieke skommelinge in die streek het hy sy man gestaan en het sy land net altyd vorentoe geneem. Vir my was hy die beste voorbeeld van n werklike Afrika leier.
Ek en Jeannie het op die stoep van die hotel gesit en die dinge van Afrika dopgehou, dit was anders as in ons land en vir haar wat nie die kontinent geken het nie seker nie snaaks nie. Mense van my ras was skaars en as jy iemand sou raakloop het jy maar gesels. Ons kon eers die volgende more terug vlieg en moes die aand oorslaap. Die lyfwagte wat aan ons gebied was, was maar meer gidse wat ons sou vergesel waar ons wou wees en ons voertuig bestuur. Die een wag het gekom en gese dat die president my net n klein oomblik wou spreek, dit sou nie lank neem nie en ek hoef nie netjies aan te trek nie. Ek het gewonder of hy nou van plan verander het en wat so dringend kon wees. Hy het ons op die stoep in sy japon ingewag en verskoning gevra dat hy ons pla. Weer het hy ons bedank vir die belangstelling in sy land en die diens wat ons lewer en die wag gestuur wat n nuwe Land Cruiser stasie wa loop haal het en hy het gese dat hy werklik geen nut vir drie van die voertuie het nie en ek moes die een vir my vat. Dit was n diesel model, splinternuut en hy het lugversorging in gehad wat baie handig vir ons sou wees. Hy het gese dat ek nie verder so n mooi meisie met vuil bakkies moes laat ry nie en dat die voertuig spesiaal vir haar is. Die man het my gepraat soos my pa met my sou praat en Jeannie het hom bedank soos wat sy haar pa sou bedank het. Hy het aangedaan geword en ons in genooi na sy eie sitkamer en vir ons n glasie Port gegooi en ek het n heildronk ingestel op sy gesondheid. Ek het hom innig bedank en gese dat ek sou terug ry want dit was geldmors om my te laat vlieg. Hy wou nie daarvan hoor nie, die bakkie sou by my afgelewer word met die president se kentekens op sy deure. Ek moes sou gou as moontlik alles binne my vermoe doen om die boesman kwessie in n rigting te stuur. Hy het met al die hoofmanne vergader vier maal per jaar en dit sou weer die volgende week plaasvind en hy sou die nuwe wette verduidelik. Geen diskriminasie sou teen geen boesman toegelaat word nie. Ek kon nie glo wat ek beleef het nie. Dit wat vir eeue verkeerd gedoen was is binne ure opgelos.
Ek is nie n kenner van volke nie en ek en Jeannie het lank gele en gesels om planne te maak en om iewers erens n begin te maak met die mense. Ek sou met Johan Adriaanse by ons Ingwe konsessie gaan praat. Hy was gebore in die land en het die tale gepraat en hy sou my die beste raad kon gee want ons het dieselfde denkwyse gehad. Ek het toe met die nuwe bakkie terug gery en ek wou Jakkie se ouers gaan sien en ook n draai by die Odendaals maak waar ek so baie leeus al geskiet het en dan by Selby gaan slaap en van daar terug na Nyati. Serowe het nog geslaap en ek het vir Jeannie gaan wakker maak want ek kon nie slaap nie en ons is in die rigting van die Kedia heuwel waar ek geweet het Jakkie se mense geboor het. Ons het die more teen elfuur by Orapa gekom en die polisie kon my na Jakkie se mense by !Xau verwys waar hulle suid van die soutpanne geboor het. Die arme polisie man het sy as afgekrik toe die presidents motor by hom opdaag want daar het maar min verkeer in sy gebied gery.
Jakkie se mense was soos altyd baie hartlik en ons het daar geeet en ek moes gaan tot by die Odendaals ten noorde van Ghanzi. Ons het die boordery bespreek wat nou op baie groot skaal gedoen was. Ek het aan die oom verduidelik dat hy net die bevolking moes inlig dat die gate binne park grense net vir boesmans en wild was en dat ek hulle beeste sou skiet binne die grense. Die bakens was elke kilometer opgesit en hulle moes die grense eerbiedig. Hulle het ook boesmans in diens gehad en van hulle is geleer om bakkies te bestuur. Ek het teen skemer op Kuke aan gekom wat ten noorde van Ghanzi was en die mense was net so bly om ons te sien. Dit was heerlik om met n toe bakkie te kon ry en ons het net gestort en die aand by die goeie vriende van my geslaap. Hulle het elf leeuvelle gehad wat ek nie met die bakkie kon laai nie en het taamlik gekla oor jagluiperds wat kalwers vang. Ek kon nie permitte gee vir hulle nie en ook nie hienas nie. Dit was ook nie gevaarlike roofdiere nie en hulle moes maar hulle vee beter oppas want alles was in elk geval gekraal elke nag. By hulle is dertien gate geboor wat hulle grond baie groter gemaak het. Ek het ook by hulle raad gevra oor die boesmans en kon baie inligting insamel.
Ons is deur Maun en almal het die presidents motor met vraagtekens aangekyk en sy is so bietjie by die winkels in en ek het by Riley’s n bier gaan drink en van die safari manne daar raak geloop wat my baie hartlik en vriendelik ontvang het. Hulle was my baie dankbaar vir die onderhandelinge met die staat en wou net weet wat hulle in ruil kon terug gee. Daar was iets om terug te gee, hulle moes net die reels en wette baie nougeset nakom en so my werk minder maak. Hulle het belowe en hulle beloftes nagekom. Die een ding wat ek moes hanteer het begin op gladde wiele loop en dit was die ondernemers, hulle het ook geweet dat ek werklik hulle plekke sou toemaak want hulle het n kontrak met die staat geteken. Of hulle kom die wet na of hulle ontslaan hulle self. Baie eenvoudig en dit was nie moeilike reels nie. Tog was Peter Williams se mond dik hieroor want daar moes net gese word en die jagmanne moes net by die wette inval.
Jeannie het vir Selby twee nuwe hemde gekoop wat n Joodse smous net op die oomblik mee in Maun aan gekom het en ook drie vir my en ons is weg na Makuku na ek n klompie mielie meel en twee sakke melk poeier gekoop het en baie suiker en tabak en koffie vir die siek boesmans. Ons het nog medisyne by die nonne gelaai en en vir Selby gaan groet, dit kon nie hoer of laer nie en ons moes oorslaap. Hy het eers n paar Duitse kliente n streep getrek en my met die ampsmotor as die president van die land voorgestel. Dit was nogal lagwekkend en ek en hy het in sy kantoor gaan sit en probeer om net weer dinge reguit te trek en so n paar jagte bespreek wat op pad was. Die besigheid het glad geloop en alles was op datum en in die meeste gevalle voor die datum.
Toe dit vieruur word die middag het ek besluit om te ry na Nyati en geweet dat ek baie lank na donker daar sou kom. Dit het nie saak gemaak nie want ons kon die nuwe dag dan vroeg begin en ek het vir Johan Adriaanse van Selby af geroep om my sou gou as moontlik te kom sien oor die boesmans. Ons het na 9 die aand by die huis gekom en ek het eers die vrag kos en mediese goed gaan aflaai en is meegedeel dat ? ou vrou oorlede is en dat sy die middag begrawe is. Dit was iets waaraan ek nooit gedink het nie, daar sou mos mense te sterwe kom en ons het nie n begraafplaas gehad nie. Die nonne van Makuku was gerat hiervoor en hulle het nie te ver van die kragopwekkers af n plek aangedui wat dan sou dien as begraafplaas. Die res van die groepie was beter en hulle sou dit maak. Daar was nog baie siekes maar hulle het beter geword. Dit was reeds laat in die aand maar hulle moes vir my n lys gee wat hulle benodig dat ek dit teen die more van die weermag kon bestel. Hulle was baie dankbaar daarvoor en voor 8 uur die more was my bestellling deur gegee en dit sou teen die aand by my wees. Die weermag het net een probleem gehad, hulle het met 8 ton 4×4 vragmotors gery en hulle het die vrag vol gemaak met rantsoen pakke byna soos ons weermag gehad het. Enige kos sou welkom wees en ek het die generaal baie mooi bedank. Ons het dit in die nonne se stoorkamers gaan uitpak en hulle het ten minste nou kos en genoeg medisyne gehad.
Johan Adriaanse het gekom en ek en hy het lank gepraat oor die nuwe beleid rakende die boesmans en hy was dit eens dat dit baie nodig was. Ek wou iemand aanstel wat as dit moontlik was getroud was en my regterhand moes wees met die boesmans en hy moes die taal kon praat. Dit was die belangrikste. Johan het n getroude neef gehad wat wildbewaarder was by Tsukudu en sy vrou was ook n natuurbewaarder en ook van die land afkomstig en beide kon die taal praat en hy was seker dat hulle sou skuif met n salaris verhoging. Hy het die satalietfoon geneem en die agtergrond aan die man verduidelik en dat hy my sou gou as moontlik moes kom sien. Sy naam was Jan Hugo en sy vrou se naam was Elsabe en sy het skool gehou waar sy was want daar was nie n natuur pos vir haar nie. Ek het gereel dat hy my moes kom sien en hy was die volgende middag by my baie moeg maar vol stoutig hede. Die man se humor het nie einde gehad nie en ek het hom met n goeie verhoging laat aanstel. Daar was n lee huis waarin hy kon trek vir eers maar hy sou by my kom woon as die kamp oppaster Otto eers sou skuif na Serapa.
Die boesman probleem het eensklaps vir my nie onoorkomelik gelyk nie en ek was baie dankbaar dat ek iets vir die mense kon beteken het.
28 Januarie 1978