Die jag (skiet) van sogenaamde mak grootgemaakte wild
Laat ek dadelik begin en se dat ek een van die grootste teenstanders was van die skiet van veral eksotiese diere wat in aan houding geteel was. Ook dat ek baie dankbaar is dat ek dit in n oop wereld kon doen en een van min mense was vir wie dit beskore was. As ek iemand ooit te na gekom of gekritiseer het met die skiet van diere wat doel geteel is daarvoor dan vra ek hier onvoorwaardelik om verskoning. Dit was blote onkunde en ek weet tot vandag nie veel van die soort van skiet af nie. Ek het met vriende gesels en n paar wilds plase besoek en ek moet erken dat omstandighede soos die wereld vandag lyk baie anders is as toe ek my drome uit geleef het. Die manne wat vandag droom moet dit tussen heinings doen en dit sluit my eie seuns in.
Die ou gesegde van “If it pays it stays” is ongelukkig die waarheid. Elke bees of skaap of ander herkouer wat n boer aanteel land op die tafel van iemand as hy nie van nature vrek of deur ongediertes gevang word nie. Manne betaal duur vir hulle vleis en ook vir hulle wilds bokke en daarom bly hulle beskikbaar. As n kamp dertig blesbok ramme te veel het kom skiet die manne hulle teen n prys. As hulle niks werd was nie het die boer hulle dood gemaak en soos jakkalse weggegooi. As jy verby n beesvoerkraal ry, weet vir n feit, hulle eindig op die tafel van die wat kan betaal daarvoor. Ons sou nie jakkalse en rooikatte geskiet het as ons vee niks werd was nie. Kyk maar na die hoender en vark fabrieke wat die hele land vol staan en dit betaal ook anders was dit weg. Ons betaal almal daarvoor.
Ek is en was en sal altyd n jagter wees en ek het dit nog nooit ontken nie en dit is my liefde en ek hou daarvan. Baie stem nie saam met my nie en ek het begrip daarvoor en het nog nooit iemand gedwing om te skiet nie, ek sou hom liewers jaloers weg wys en dit vir my self hou. Hoewel die jag van trofee vir n baie lang tyd deel van my lewe was, was ek nog nooit n trofee versamelaar nie, dit is net nie my smaak nie. Ek besit n paar maar dit is nie vir my nie. Ek gun egter enige jagter sy keuse om op te stop en op te hang wat hy wil en dit lyk vir my mooi in ander mense se huise en ek bewonder baie van hulle. Hierdie manne betaal duur daarvoor en HULLE is alleenlik verantwoordelik vir die voortbestaan van baie spesies. Hulle sit vir baie mense kos op die tafel en dit het n groot ekonomiese besigheid geword. Hulle verdien nie die kritiek wat hulle so baie male kry nie. HULLE maak wildsboere se boerderye ekonomiese eenhede en die baie afhanklikes van so n plaas leef daarvan.
Die lande van historiese jagplekke se jagte is baie vinnig besig om vir ewig verlore te raak. Daar bestaan eindelose redes hiervoor maar die belangrikste faktore is maar die swak bestuur van die lande en die bevolkings ontploffing waarvoor die Weste met sy medisyne en mediese behandelings baie skuld moet dra. Een uit elke drie mense wat daagliks gebore word word in Afrika gebore en die natuur kan dit nie dra nie. Ook die miljoene wapens en veral AK 47’s het niks positief bygedra tot natuurbewaring nie. Dit klink menslik baie baie wreed, maar die malaria muskiet en die tsetse vlieg was die beskerm heer vir eeue van die miljoene wildstapels wat die Kontinent gehad het. Ons het gekom met spuit en inenting, die mense het vermeerder en die leeu het daaronder gely. Die mens het toegelaat dat Botswana se olifante nou naby 300,000 is en die Kruger op pad is na 12,000 en die natuur en kleiner spesies word letterlik dood gevreet, of deur habitat verlies of deur mense self.
Of ons dit weer gaan regkry? Beslis nie in my lewe nie. Willem Van Riet en die Ruperts het volgens my inligting die oorgrens park by Kruger begin. Dit was die begin van stropery waarvan die publiek nie eens die seekoei se ore sien nie. Vir elke renoster word n hele paar leeus en baie olifante en baie ander goed wat vir muti bedoel is dood gemaak. Ons hoor net van renosters en ook nie van almal nie, volgens my bronne. Stropers het nie meer n heining waaroor hulle moet klim nie en sit en koggel die natuur bewaarders net tien meter anderkant die grense en hulle kan niks doen nie. Dit is volgens my geleerde en ingeligte vriende die feite op die tafel. Ou manne wat hulle lewe vir Kruger gegee het is baie diep teleurgesteld in die diplomatieke skuiwe wat daar gemaak was. Hulle antwoord. Wil jy stropery minder maak? Maak die grense weer toe en bewaak hulle. Dit sal al manier volgens n baie ou senior man wees wat sal werk. Uitvoerbaar? Ek weet nie, glo amper nie. Hier is n katastrofe besig om af te speel en ek het rede om die manne te glo. Die bestuur van wild getalle word ook baie ver van reg af gedoen en baie spesies ly daaronder. Kennis ontbreek en die wil om te bewaar bestaan nie en dan korrupsie soos dit maar oral gaan. Politieke inmenging het niks positiefs gedoen daaraan nie, inteendeel.
Ek het n onderhoud gesien wat met n Masaai in Kenia gevoer was wat vir leeu stropey gevang was. Hy was betaal vir sy koeie se skade, hy se hy kan nie geld melk en slag en eet nie, hy moet beeste he. Was hy genoeg betaal was daar nog baie leeus en het hy nie beeste nodig gehad nie. Dan het hy met leeus geboer want hy het dan meer geld gemaak. Of het sy pa dalk nie sestien kinders gehad nie sou dit nog beter gewees het. Dit is ongelukkig die realiteit van die ou historiese jag velde van ons jagters. Moet ons binne nasionale parke jag? Honderd present JA. “ If it pays it stays.”Dit werk in die Selous en in baie parke oor Afrika en tot in Addo word jaarliks deur vleis maatskappye baie koedoes geskiet en baie mooi bulle ook wat baie meer kan verdien as n paar Rand per kilogram aan die hak. Maar jagters word nie oral as natuurbewaarders gereken nie. Duur skoon buffels word deur leeus in Addo opgevreet, dit is reg want dit is natuurbewaring. Dan ontken hulle ook dat daar geskiet word. In Pilanesberg word elke jaar geskiet en met baie groot sukses en dit verdien geld vir bewaring. Dit word ontken, glo my dit word gedoen.
NATUUR BEWARING SOOS DIT VANDAG LYK IS DIE BEHEER VAN DIE NATUUR AS DIE DOEL IS OM DIE NATUUR TE BEWAAR, ANDERS IS DIT DOELLOOS. BEHEER ONTBREEK IN SY GEHEEL.
Dit laat die trofee jagter dus geen keuse as om doel geteelde wild te skiet nie. Ek het gesien hoe leeus onder deur Kruger se heinings gelok word en dood geskiet word, dit is mos buite die park en die “jagters” het hulle leeu gekry. As die leeu op n leeuplaas geteel was sou daar dalk n hele genepoel gespaar gebly het. Die astronomiese wilds pryse wat betaal word is die gevolg van doel geteelde trofee jagters wat bereid is om te betaal en in n velige omgewing te kom skiet. Al kos n buffel ook n paar miljoen, hy gaan teen n muur hang een dag want daar is mense wat dit kan betaal.
So ver dit my jagkennis strek en my ondervinding van trofee jagters wag daar n bloei tydperk vir die manne wat die regte en eksotiese wild teel en hulle sal altyd n onder voede mark he. Die aanvraag vir groter en langer en beter en swaarder as my buurman se trofee sal altyd by die rekord soekers wees. Dit was nog al die jare so tussen die manne en hulle kan betaal daarvoor. Met die druk op landbou grond kan baie spesies met meer inkomste geteel word op baie kleiner gebiede en hektare. Ons weet mos wat met grond gaan gebeur. Een van die rykste wild boere wat ek ken se dat hy op 100 hektaar baie baie geld kan maak. Hoer lone, grond eise , en die hele wetgewing wat so in n boer se keel afgedwing word, dit is op n openbare forum deur die wild boer gese. Hy het ook gese dat hy nie in twintig present aanvraag na Swartwitpens jagbulle die laaste twintig jaar kon voorsien nie. Hy teel met baie spesies. Surplus diere word gejag want hulle word daarvoor geteel.
Natuurlik is dit onnatuurlik en natuurlik is die jagte meeste van die tyd ook onnatuurlik en slaap jy nie meer in Kremetart om van leeus af weg te kom nie. Vraag sal wees aan die voorsiener en die jagter of dit eties reg is en natuurlik genoeg is. Dit verskil van jagter tot skieter en mens tot mens. Die dae van n vrye wereld van jag en droom, jammer hy is vir ewig in baie groot historiese gebiede vir altyd verby. My Botswana bronne se vir my dat dit wat ek geken het vir altyd verby gaan wees oor n paar jaar. Die egte Afrika safari was soos Selby dit geken het, al in my tyd verby. Die baie miljoene wat ondernemers ingesteek het en die opheffing van gemeenskappe het nou teen hulle begin tel. Politici en mynbase en geld onder die tafel en baie ander dinge en ongelukkig alles tot nadeel van die natuur, dit is nou aan die orde van die dag.
Cites moet ook baie skuld dra hiervoor, dit is n redenasie vir n ander dag. Wil jy n leeu, buffel luiperd ens skiet? Gaan na plase waar hulle geteel word en die papierwerk reg is, doen dit sommer in twee dae en slaap heerlik in n gaste huis en ry weg met jou motor en die geweer in jou kattebak. Jy kan dit selfs in n naweek doen. Daar is manne wat spesialiseer daarin en hulle het mooi wild wat nie ure se loop weg is en deur mambas en ongeskikte olifante opgepas word nie. Jy gaan nie vasval met die bakkie nie en jy gaan nie lewendig opgevreet word deur muskiete en tsetses nie. Jy gaan nie blase onder jou voete he nie en die son gaan jou nie half dood van die dors brand nie. Jy gaan dalk n probleem he met wetgewing by n sekere man wat nie n langbroek man is nie. Tot by die wild bedryf meng politici in. Hy se hy is nie n jagter nie, los dit dan maar vir die wat meer weet.
Dit is ongelukkig soos dit is en gaan wees vir n lang tyd. Baie jammer, want net die natuur gaan daaronder ly, die jagter gaan nog steeds sy trofee skiet, net op n baie ander manier. Baie plekke meet selfs die lengte vir jou vooraf, dit is onnatuurlik, raak maar daaraan gewoond. Ek veroordeel niemand nie want die wereld het verander en sal bly verander. Dit sal seker reg wees as dit al sal wees wat daar sal wees. As wild nie betaal in n land met jagtery nie, word hy gestroop, opgevreet, uitgeroei en gesmokkel. Nasionale parke kan nie wild bewaar nie, Kruger kon nie sy bastergemsbokke in n toegkampte kamp oppas nie. Hulle is op sewe na almal dood. Dit is die harde feite. Wild boere teel hulle by die duisende aan en sorg vir hulle want hulle betaal en sit kos op die tafel en inkomste vir baie van Afrika se menigte. Moenie n wild boer veroordeel nie. Hulle gaan nog baie leeus weer moet hervestig in Kruger. Kruger kan by wildboere “roans’ koop, hulle is te swak georganiseerd om hulle op te pas. Hoekom kan net jagplase diere bewaar? Anwoord maar die som vir jouself. As daar nie trofee jagters was nie, was daar nie jagplase nie en het ons nie meer wild gehad nie. Die staat kon nie eens Nylstroom se wild telery in kampe aan die gang hou nie. Antwoord. Hulle was waardeloos en beheer het ontbreek. Ek hoop hierdie wild is deur boere gekoop want dan sal hulle spoedig vermeerder en sal hulle nie vir ewig verlore wees nie. As Nylstroom se surplus diere gejag of op veilings verkoop was dan was daar na hulle ongesien. Dit het nie gebeur nie want die lus en liefde en bestuurstyl het ontbreek. Dit is ongelukkig besig volgens my geleerde vriende om in baie nasionale parke te gebeur. Hulle behoort te weet, hulle het daar gewerk en opgebou vir baie jare.
Die bewaring van skaars en eksotiese spesies word dus deur wild boere gedoen en dit is die trofee jagter wat daarvoor betaal. Dit is die feite en niks anders nie. Die bontebok en die swartwildebees is jare gelede deur boere gered van uitwissing. Boere wat so uitgeskel word as vernietigers van die natuur en wat skiet vir die pret. As daar nie n valuta waarde op die spesies geplaas was nie was hulle verlore vir ewig. Daardie valuta kom van jagters af.
Dan is dit mos net normaal dat van die spesies ouer word en nie meer gebruik kan word om te teel nie, hetsy manlike of vroulik. Die uiteindelike waarde vir die teler is die geld in sy hand wat soms baie jare neem om te genegreer. Ek was by n baie groot trofee versamelaar se trofees en hy versamel manlike sowel as vroulike diere, hulle staan en hang langs mekaar en lyk indrukwekkend en moes hom baie geld gekos het. Dit is sy smaak en voorkeur en ook sy reg om dit uit oefen en hy het daarvoor betaal. Dus, trofee jagters skiet vroulike diere, dit is net n ander geslag trofee. Dit was in my jare verbied in Botswana om vroulike trofees te skiet maar ons het baie poena olifantkoeie geskiet vir die bevolking. Een van die mooiste trofees en ook die langste springbok horings wat ek ken is n ooi wat deur n jagluiperd in die Gemsbok park gevang is. Dit is opgestop en is baie indrukwekkend en is beslis n rekord en vir my mooier en baie meer natuurlik as die ramme wat in vier kleure in die versamelaar se huis hang. Vroulike diere is ook trofees en hulle kom ook van plase af waar daar doelgerig geteel word.
Natuurlik is daar kansvatters in elke bedryf. Ou kliente stuur vir my fotos van oorsee van trofees. Dit is nogal lagwekkend. Boerbokke, Skilder bokke Damaras, Skilder persies, Angoras, springhase met steenbok horings, rooikatte wat se eenkant wit gebleik is met Jik. Merino ramme en vele meer. Selfs swart luiperds.
Hoe se ons? “If it pays it stays.” Ja swaer, ………hulle is nie die ernstige wild telers nie. Daar is baie van hulle en hulle bele baie in die bedryf en hulle is werklik toegewyd om die beste te teel en dit aan te bied. Hierdie manne gaan net beter doen vorentoe. Die moontlikhede is wat my betref legio. Daar sal ook altyd die biltong jagter wees, hy pas nie hierbo in nie. Maar terwyl dit betaal om sy bokke aan te hou sal hy n jagplak he.
Groetnis, Geseënd.