Die Wankie kwessie word opgelos en Jakkie ry Springbok toe.
Jakkie het bykans saam met die toergroep gery die volgende more, dit was n goeie afskeid en hy sou met sy bakkie ry tot by Selby op Makuku en van daar Selby se Mercedes 4×4 Gelandewagen neem en na sy wereld toe gaan. Ek het gewonder of hy dit met sy ouers sou gaan bespreek het, hulle was nog steeds in die Ghanzi gebied besig om te boor. Sy jonger broer was ook nou by die boorspanne en daar was nog net sy suster wat in Springbok was. Soos alles van hom was hierdie ook n hoogs geheime sending en ek kon niks uit hom kry om oor te skinder nie. “ Expect me when you see me.” Dit was een van die goed wat hy in Engels kon doen. Ons sou moes wag en sien.
Ek en Jeannie het weer na Ingwe toe gery want ek wou die Wankie probleem oplos en het lank met Noel en Johan gepraat. Noel was n gesoute olifantjagter, hy het in vyf lande gejag en was in Rhodesie en Mosambiek gesoek vir stropery. Die ander lande behalwe Botswana het n uitruil ooreenkoms met Rhodesie gehad, hy kon eintlik nerens heen gaan nie behalwe vir ons land wat hom ook kon uitlewer. Hy het bykans van sy tienerjare olifante geskiet vir ivoor en het saam met bekende mense gejag, hy sou die ideale man wees vir die konsessie. Dit was eintlik al werk wat hy geken het, olifantjag. Wat my betref was hy die laaste van die werklike ivoorjagters wat sy lewe uit die skiet van ivoor gemaak het. Alles was nie altyd wettig gedoen nie en landsgrense was nie altyd nagekom nie. Olifante het nie grense eerbiedig nie en so ook nie hulle agtervolgers nie.
Johan Adriaanse het al vroeer by die plek gewerk toe dit onder Selby se vorige beheer was en het die plek goed geken, hy sou enige tyd terug gaan saam met Noel en die jagtery daar gaan voortsit. Dit sou die Ingwe konsessie leeg los.Ek kon nie albei tegelyk skuif nie, want Ingwe het op spesiale jagte gekonsentreer. Die klein goedjies soos dik dikkies en duikers en dan ook op boog en handwapen jagte. Daar sou moes n oorvleuling kom met die mense wat daar was en die wat moes opvolg. Hulle het beide jagters geken met baie ondervinding en het twee manne van geweet wat wou kom werk vir Selby. Ek het uitgevra en geld gelos dat die manne my kon kom besoek en die een was n ou maat van Noel Wood, hy was Paul Kruger. Die ander een het van n konsessie gekom nog meer suid van Ronnie Macfarlane teen die Rhodesiese grens en hy was Jaco Niemand. Hy was n boorling van Botswana en het ook al n paar jaar gejag.
Die doel was nie om ander mense se jagters af te rokkel nie, dit het ek duidelik gestel aan albei van hulle. Om jou werk te los en te dink dat die gras groener sou wees by ons sou n fout wees. Ons het spesifieke maniere gehad waarvan eerlikheid en eerbied vir die landswette en die bevolking baie hoog aangeslaan was. Dit is so aan beide die manne uitgespel, ek sou ook nie mense aanstel wat ek nie persoonlik ontmoet het nie. Hulle moes my kom sien op my koste. Weer het ek Selby verwens wat my so maklik in die situasie laat beland het. Hy het van ek weg is op Makuku net op die Delta gekonsentreer en ons gelos om ons eie ding te doen. Ek het so baie besluite namens hom gedoen en geneem, hy sou moes by wees met die onderhoude.
Die boesmans was soos gewoonlik ook saam met ons en Jeannie het maar altyd genoeg in gepak vir n ekstra aand of meer. Die werk was onvoorspelbaar en die druk niks minder nie. Selby het hard op my gedruk en ek het hom laat begaan, dit moes op n stadium einde kry. Hy was heerlik bederf en sy onderneming het op baie gladde wiele geloop en hy het ons meer as genoeg vergoed en vertrou, tog het hy my die joos in gemaak deur net te veel te vertrou op wat ek sou doen. Ek was bang dat ek sy vertroue sou seermaak en dit was werklik een van my grootste vrese. Hy het te veel vertroue in my gestel wat net die druk al hoe meer gemaak het. Hy het botweg geweier om die manne se onderhoude by te woon en net gese dat hy my vertrou en dat ek nie verkeerde aanstellings sou maak nie. Dit het tyd geword om weer vir hom op Makuku te gaan kuier.
Ek het besluit om sommer deur die veld te ry terug na die Linyati toe want die reens het nog nie gekom nie en ek wou al langs die Chobe ry en en net die natuur geniet. Dit was n afstand van ongeveer dertig myl en het deur die veld en ons jaggebied geloop. Die boesmans moes kyk vir vleis vir hulle want ons het eers genoeg gehad. Dit was hulle keuse wat hulle wou he en ek wou net so bietjie ontspan. Wild was soos altyd baie volop en die gewone somer migrasie het nog nie plaas gevind nie, die reens het nog weggebly en die suide was nog droer as die noorde waar ons was. Groot dele langs die Chobe was afgebrand en die nuwe gras het groen uitgeloop maar was verdroog.
Jas het gese dat daar water op pad was want die koringkrieke en die klein sklipaadjies het teen die miershope uit geklim, hy het nie reen gesien maar wel water wat uit Angola en Zambie sou kom. Die riviere sou styg. Ons het reen bitter nodig gehad en ek wou die natuurmense se veldkennis toets van wanneer dit sou reen. Hy het gese dat ons n miershoop moes opmaak en kyk of daar larwes met vlerke aan was en hoe ver gevorder hulle was. Dit was teen my wil om miershope agter boesmans aan oop te maak maar Jeannie het so aan gehou en ons het met die graaf, wat altyd by was een opgemaak, baie versigtig om hom weer toe te maak.
Hy het die mier eiers vir ons soos n professor verduidelik en wanner hulle gaan vlieg en hoeveel daar sou wees. Weer moes ek in verbasing kyk hoe natuur mense dinge kon beplan sonder enige westerse invloed. Dit sou oor nege dae reen en op elf dae sou die vlieende miere die nes verlaat. Hy was een dag uit, in Afrika was dit baie na aan die kol. Die stygende water sou die volgende middag begin. Ons was so afgesny van die wereld af dat ons nooit nuus of weervoorspelling geluister het nie. Dit was wat my so gebind het aan die natuur en sy mense. Ek was al bykans twee jaar in die land en het nog elke dag iets nuut geleer. Die inheemse bevolking was n onuitputlike bron van veldkennis.
Selby het op die radio geroep en gese dat die Delta besig was om vinnig te styg, hy het ook nie reen gehad nie en dit was eintlik snaaks om die droe riviere te sien loop sonder n wolkie in die lug. Ek het vir Kabous geroep en hy het ook die Linyati sien styg, die eerste maal sedert ons daar was dat dit sonder enige reen sou gebeur. Ons is verby Manwasi se kamp en ek wou ook by die ou grysaard weet wat met die weer aangaan. As die droe omarambas begin loop dan was die reens naby, hulle was laat maar dit was omdat dit nog nie nuwe maan was nie. Ek het gewonder wat die nuwe maan met reen uit te waaie gehad het en besluit dat ek my uit die weervoorspellings sou hou en maar luister na die kenners. Niemand kon my antwoord hoekom dit dan in Zambie en Angola gereen het sonder nuwe maan nie maar nie in Botswana nie. Dalk was die nuwe maan net vir Botswana gemaak, ek sou die reenval met Selby bespreek op n meer beskawende manier en op westerse terme.
Jeannie en Jas het die tsessebe wat op die miershoop gestaan het bekruip en ek het hulle uit die bakkie dopgehou besig om n vraelys aan die nuwe jagters wat sou kom vir onderhoude op te stel. Die bok was so seshonderd meter van die bakkie af en dit sou haar n rukkie stil hou en my kans gee om te dink. Daar was n horde faktore om in ag te neem met so n aanstelling en dit was wat vir Selby lui gemaak het. Tog het hy my nooit gekritiseer nie en as daar n fout sou kom dit as normaal aanvaar. Hy het my oordeel te veel vertrou en dit het my werklik bekommer. Dan was dit ook mense wie se lewens en toekoms afgehang het van wat ek sou besluit. Nogal n harde neut om te kraak.
Ek het die bok se agtervoete onder hom sien invou en die skoot n rukkie later lekker nat hoor klap. Hulle het tot op die miershoop geklouter en ek het nog twee skote hoor klap. Ek het die lys in my tassie gesit en nader gery. Ek kon nie vir Jeannie en Jas sien nie en het die bok gebloei met Sixty en Twenty, dit was warm en hulle sou moes aan kom dat ons by die huis kom met die bokke. Ek het by die miershoop gewag en hulle het n rukkie later opgedaag, sy het nog een gekwes en moes hom agtervolg en skiet. Dit was teen my reels om op bokke in die hardloop te skiet en sy het dit geweet. Daar was genoeg wild om jou tyd te kon neem vir elke bok. Sy het so skuldig gelyk dat ek besluit het om dit vir later te los. Sy het nog twee geskiet en ons het hulle gelaai. Nie die beste skote nie maar sy het geweet dat sy dit van my sou hoor. Die boesmans was bly oor die bokke en ons is huistoe, van die droe omarambas het begin loop en ek het gedink hoe maklik n mens jou kon vasry in modder in n wereld wat ure tevore nog droog was en maande laas ordentlike reen gehad het.
Ek het my vraelys by Kabous gaan afgee en hy moes nog bylas wat hy gedink van pas sou wees. Dit moes altyd in Engels geskied omdat dit maar die taal was waarmee die meeste kliente hulle kon vereenselwig. As ons egter seker was n man kon homself in Engels help sou die res van die onderhoud in ons taal geskied. Daar was n ander tipe onderhoud met ou gesoute jagters as met jong leerlinge. Dan het ons al baie lank gelede besluit op n erekode en as n man die kode wat hy moes onderteken sou verbreek, het hy homself ontslaan. Ons was die grootste ondernemers op die vasteland en het by verre die meeste trofee gekiet, alles moes die eerste maal reg gedoen word. Daar was nie ruimte vir foute nie. Eintlik was dit so maklik, of jy hou by die reels en word die beste betaal van enige jagter in Afrika, of jy breek die reels en loop.
Jy kon ook gaan spog by enige ondernemer as n oud jagter van Selby. Ons was binne enkele maande oor bykans die hele wereld bekend as die ondernemers wat altyd aan die kliente se waarborge sou voldoen. Dit was n hoe profiel om te bly handhaaf en dit het baie harde werk gekos om tot daar te kom. Net een fout kon die hele besigheid kelder. Ek moes ook teenoor my maats wat saam met my by Selby begin het erken, hy was maar taamlik gemiddeld toe ons daar begin het. Met eerstens goeie onderhandelinge en tipiese miltere en Afrikaner maniere het ons hom gemaak wat hy was binne maande. Hy was ook die eerste om dit vir almal te vertel wat na n paar Jack Daniels dit wou aanhoor. Ons was op vol spoed en dit kon nie gebreek word nie.
Jakkie was nou die safari leier by die Linyati konsessie en ek die stille toeskouer, Katwindi was my swart broer van Afrika en sy vrou Maria was ook Jeannie se beste maat. Ons het meestal met die staat se voertuie gery en ek wou he dat hy die nuwe basis moes gaan ondersoek. Ek en hy het die planne deurgewerk en hy en Maria sou die volgende dag ry en n aand daar slaap. Daar was net een Duitse jagter by ons en dit sou ook die laaste een vir die jaar wees. Hy was Hienz Muehler en sy blonde vrou se naam was Elke, hulle het van Stuttgard gekom en soos alle Duitsers baie aangename mense. Hy het al by Selby in die Delta geskiet maar was nou ons veranwoordelikheid. Hy was ook van die Siemens groep en wou verder opgradeer en die groot vier wat ons aangebied het skiet. Met Jakkie weg was hy Colin en Rey se veranwoordelikheid. Met Selby het n mens nooit geweet of daar nie skielik sou jagters opdaag nie. Hy het n pragtige leeu geskiet en sy buffel was ook hoogstaande. Hy moes nog n luiperd en n oilfant skiet. Dit kon nie te moeilik wees nie. Colin en Rey was goeie jagters en hy was meer as tevrede.
By Kabous was n sake vriend van sy pa en hy was n swart Amerikaner uit Kentucky wat wou kom kyk waar die slawe handel van Afrika eeue gelede plaasgevind het. Hy was in die verkeerde land daarvoor maar hy het baie belang gestel in David Livingstone wat bykans sy lewe gewy het om slawe handel te stop. In Botswana was daar baie spore van Livingstone. Hy was die seun van n baie bekende sanger met dieselfde naam as sy pa, Paul Robeson en hy kon net so mooi sing soos sy vader. Hy was net n besoeker en het nie gejag nie en sy vrou se naam was Nina en hulle tienerjarige seun was ook Paul. Hy het prontuit erken dat hy te bang was om sy herkoms in Wes Afrika te gaan soek waar sy voorsate blykbaar vandaan ontvoer was.
Hulle het saans by die swembad gesit en sing en ek en Kabous moes maar altyd met boeke of samesprekings besig wees en het die gesingery gemis. Dan sou ek gaan slaap en my amper dood sukkel om vir Jeannie wakker te kry die more as ons moes erens heen gaan. Baie aangename mense wat net wou meer weet van Afrika, ek het dit maar altyd probeer vermy oor daar uiteindelik maar politiek gepraat was. Selby het my opdragte duidelik aan kliente uitgespel. Die oomblik as daar politiek gepraat sou word sou ons opstaan en loop, as dit onhoudbaar geword het was die klient se jag op n einde. Dit was nie onderhandelbaar nie net soos n paar ander goed ook.
Dit was bitter warm en n Woensdag middag en ons het weereens die boot gaan opsoek vir ontspanning. Ek het my ghitaar saam geneem en Paul het ook en Kabous en Monica en Heinz en Elke was ook op die boot. Colin en Rey het die buffel gekuip en Katwindi was weg na Nyati toe. Dit was eintlik baie stil en ek het mense begin mis. Ek was bykans twee jaar laas op die plaas en het die vrye ruimtes van my land en die Karoo verlang. Ek het my ouers en die plaas werkers voor wie ek maar groot geword het verlang en begin terug dink oor my kinderjare, waarvan die meeste in koshuise deurgebring was en was jaloers op Jeannie en baie ander wat uit die huis kon skool gaan.
Hoe duur het n plaaskind nie betaal vir die vryheid van n plaas nie? Musiek was in my kinderjare eers op n opwen grammofoon gespeel met n naald wat soos n spyker gelyk het, as sy veer sou pap word het ons by Oom Jood n ander een gekoop. Jy kon n doring ook as naald gebruik maar dan was die plaat tot niet. Pa het later n ordentlike battery aangedrewe platespeler gekoop en hy kon selfs FM opvang en ons het opgegradeer vanaf die ou soort wat kortgolf was. Dit was Ma se veertigste verjaardag gekenk. Toe het ons begin plate koop en Pa se gunsteling was Jim Reeves en my Pa kon net so mooi sing.
Ver oor die Linyati het ek weer die geblaf van n ,50 Browning gehoor en tussen in LMG’s en ek en Paul het op die bodek gesit, af en toe het ook n 60 en 90mm mortier onplof en ek het geweet dat dit weer een of ander magsvertoning was.
“ There is a war going on there Paul. Selby told me not to get involved in political talks with you, he said you would feed me as sure as hell to the crocs.
I would not do that but let us stop this issue.”
Ek het ghitaar geneem en “Distant Drums” van Jim Reeves begin sing en hy met sy geweldige basstem het saam gesing. “ I Hear the sound of distant drums, far away, far away, and if they call for me to come, then I must go and you will stay. So marry marry me let’s not wait……….I hear the sound of bugles blow, far away, far away and if they call for me to come….”
Hy het weggetrek met “ O give me a home where the buffalo roam and the deer and the antelope play……..” “ The sun shines bright in the old Kentucky home it is summer the darkies are gay, the corn cobs ripe and meadows in the bloom while the birds make music all the day.The head must bow and the back shall have to bend where ever the darkie may go…”
Hoe verder ons gesing het hoe meer het ek verlang, dit was maar die eenvoudige musiek waarmee ek in my laerskool jare te doene gekry het. Dit moes seker die eerste “Country and Western” musiek gewees het wat ek kon onthou. Dit was die musiek wat ons as n gesin saam gesing het op pad kerk toe in die motor en sommmer net wanneer ons lus was. Die emosies het mekaar begin jaag deur my kop en ek het geweet dat my hart sou seer word.
Die res van die groep was in die swemhok en hulle het later doodstil gebly en ek en Paul het later regop gestaan en harder as die seekoeie se gesnork gesing en bier gedrink en weer gesing. Dit was heerlike ontspanning en ons het ons gate uit geniet. Heinz het bygekom en soos blykbaar alle Duitsers kon hy ook sing, hy het die Suidweslied gesing en toe word my hart seer. Dit was n valskerm lied voor ons operasies sou doen en dit het my altyd baie diep getref. Ons het almal altyd opgestyg en nie almal altyd huis toe gekom nie.
Ek het voor op die boot gaan sit en hulle het gesing en n sopnat Jeannie langs my kom sit en ek het ver oor die stygende water getuur.
“I am homesick Sweety, very very homesick. I am afraid of the new job and I don’t want to leave the Linyati.
I can understand that Pine, remember that I will always be there for you.
I am afraid of what next year will be holding in. I am here where I always wanted to be and still it is a stressful job. There is always this unknown factor of handling people and their future, I am heartbroken to let Rob and Piet go. I am unsure of the future and what it will be holding in for me in this new country with new opportunities and may be more stress. I know how to handle Selby and my meetings with the government always went according to plan. They gave me this new place to run and there will also be hard and difficult decisions on my way. There will be more people to look after and more human difficulties.
We are going to your parents for the festive season, I am looking forward to peep into your type of living, and I will be there for you next year. Did you propose to me when you sang Distant Drums?
Do you want me to?
No, not here, when it suits you.”
Sy het my soos n boek verstaan en kon my emosies saam met my hanteer, ek het haar gegryp en ons is saam in die swemhok in met die ander drie wat sing asof die hele noorde van Botswana hulle moes hoor.
Ons het by die huis gekom en n man wat soos n asblikkrapper gelyk het , het na my toe aangestap gekom. Groot man net soos Ben, seker ook sesvoet agt. Hy het lang baard gehad wat al effens begin grys word het en n ou vuil hoed op sy kop. Sy hare was lank en onversorg en ek kon sien dat hy dae laas gebad het. Hy het met n skor growwe stem gepraat.
“ Is jy Pine?
Ja ek is.
Ek is Paul Kruger, ek het by Noel van jou gehoor en vra om verskoning dat ek so lyk. Ek was vyf dae agter n gekweste olifant aan en toe Noel my kontak het ek dadelik gekom.
Welkom Paul, ek hou van jou naam.
Pine kan ek asseblief vanaand hier slaap en net eers bad en is hier iemand wat my hare en baard kan sny?
Kom ek gaan wys jou, Monica sny al ons hare hier en sy het die regte gereedskap.
Ek het van die man se stem toon gehou en hom sy kamer gaan wys en die badkamer. Nadat Monica klaar met hom was het hy heel anders gelyk en ek het hom baie mooi gese dat hy my gas vir die aand was en ons moes die aand saam geniet en sou die volgende more besigheid praat. Toe hy skoon en netjies was het hy heeltemal anders gelyk en ek het gewonder hoekom hy nie in n omaramba gewas het nie. Ek het dat die boesmans sy klere was en sy bakkie skoon maak en ons het die aand geniet sonder om enige werk sake te praat.
Die onderhoud het glad verloop, hy was in Salisbury in die skool en was n burger van beide ons land en Rhodesie. Hy het verskoning gemaak dat hy so vuil by my aangekom het, hy was bang iemand spring hom voor. Ek het altyd die strikvraag so n ent weg met so n onderhoud tussen in gegooi.
“Hoekom wou hy spesifiek vir my kom werk?
Vandat jy die werk van Selby in die noorde oorgeneem het, het ek net gehoor van jou onwrikbare militere dissipline, dit is iets wat my pas”.
Hy het sy vorige ondernemer genoem en ek het dadelik geweet dat hy nie met hom sou oor die weg kom nie. Hy het nie een woord lelik oor sy werkgewer gese nie en ek en Kabous het die hele werk situasie aan hom verduidelik. Hy het nie spoorsnyers en jagters gehad nie maar n meisie wat hy nie binne die konsessie mag gebring het nie. Sy was in Serowe, wat my betref het kon hy haar bring as hy vir ons sou werk. Dit sou net dinge baie meer gemaklik maak vir hom. Hy was veertig en het nog net gejag eers in Rhodesie en later vir die laaste drie jaar in Botswana by dieselfde ondernemer. Hy het ook al jagte in die Caprivi en Luangwa gelei. Hy het drie 404’s gehad en geweier om met enige ander geweer te skiet, hulle was gerigstreer om in Botswana te wees.
Ek het die werks kontrak voor hom neergesit en gese dat hy dit baie sorgvuldig moes deur gaan en as dit hom gepas het kon hy vir ons werk in die Wankie konsessie, maar hy sou moes saam met Noel werk. Ek sou Noel skuif na die Wankie toe en hulle was vir jare vriende. Hy wou teken en ek het gese dat hy eers die volgende more moes teken en nog n aand moes slaap, as hy die werk sou aanvaar moes hy so gou as moontlik kom. Hy moes tyd he om te dink en ons te leer ken. Ek wou hom ook in die kroeg leer ken wat vir my baie belangrik was. Ek het dat Monica vir Ali laat weet dat hy die aand by ons sou wees.
Hy het die volgende more die kontrak geteken en sy salaris was drie maal meer as wat hy gekry het, fooitjies en komissie van kliente was direk aan die jagter betaal en nie vir die konsessie houer nie. Hy was baie goed ingelig en het presies geweet wat verwag word van hom. Ek het vir Rob op die radio geroep en gese dat n nuwe man oor ses dae by hulle sou wees. Ek was bly daaroor want daar sou n mate van oorvleuling plaasvind. Ek het dat Kabous vir Selby inlig dat daar een nuwe man in die Wankie sou wees. Ek moes nog vir Jaco Niemand ook sien of n ander plan maak om iemand by Johan Adriaanse te kry.
Jagters was redelik volop, goeie jagters wat dit in hulle bloed gehad het en lank wou bly was skaars, daar was n horde jong avontuur soekers, hulle het nie lank gehou nie. Die werklike jag van diere en die skiet van diere was n baie klein deel van die proffesionele jagter se take. Dan was daar die manier waarop ons gewerk het en dus was dit ook nie vir almal aanvaarbaar nie. Omdat ons die beste was kon ons die beste manne lok, dit het maar net so gewerk. Dit was n streng besigheid maar baie regverdig.
21 November 1977