Ek en n Amerikaanse perd.
Ek het die volgende more wakker geword en nie geweet hoe laat dit was nie en ek was heeltemal deurmekaar en het geglo dat ek droom. Daar het nog iemand asem gehaal in die kamer en ek het gedink dat dit my twee honde moes wees. Nuisance het met so ‘n gefluit asem gehaal na die luiperd sy neusgate geherrankskik het en Vubu het met ‘n geroggel asem gehaal en die reelmatige geluid het ek nie geken nie. Dit was nog donker en stadig het die werklike lewe my begin binnesypel.
Ek het begin besef dat ek met my klere aan geslaap het maar my skoene moes Jeannie uitgetrek het, ek het byna oor hulle langs my bed geval. Die slaapkamers het elkeen sy eie badkamer gehad en ek het met my aansteker gelig en die badkamer se lig gekry en gaan stort en skeer. Jeannie het op die ander bed gele en sy was styf toegedraai en net die blonde krulle was sigbaar. Ek het op my horlosie gekyk en gesien dat dit byna half ses was en veraf ‘n perd gehoor runnik. Ek het ‘n skoon kakiehemp en jean aangetrek en op die balkon gaan sit. Die hele opstal was ‘n dubbelverdieping en elke kamer het sy eie balkon gehad. Dit was nog donker en uit ondervinding het ek geweet dat sy baie vas slaap. Die gedeelte van die huis moes wes gefront het want dit het van agter my begin lig word. Die voorkant moes dus agter my gewees het.
Dit was doodstil en ek kon net perde en beeste hoor en ek het die sy liggie op die balkon aangesit en my Bybel loop haal en die Gewer bedank vir al Sy hulp en sommer by die stoel gekniel en my dank uitgespreek. Voor my het ek in die skemer perde stalle gesien en so ‘n wit ring waar daar seker perde geleer word. Die wereld het vinniger as Afrika lig geword en ek kon na ‘n rukkie baie mooi sien.
Ek wou nie die mense pla nie en het oor die balkon geklim en met die pilaar pyp tot op die grond afgeseil en in die rigting van die stalle begin loop. Ek het geweet dat die “Ranch” se naam Little Creek was en op die stalle was die naam en dan “Quarter horse stud” en op die agterste ry was ook ‘n ry stalle en daar was weer “Warm blood stud” geskryf. Ek het gewonder waste soort perde dit was, ek het maar net Arabiere en hulle kruisings geken. Die stalle het bo en onder deure gehad en die perde se name was op n bordjie bokant die deur. Baie kon ek byna nie uitspreek nie. Die bo deure was oop en ek het op en af geloop tussen die perde deur en gewonder hoeveel bale lusern en kaf en hawerpitte die groot getal perde op ‘n dag sou vreet. Daar was mooi perde en hulle was baie goed versorg en elkeen het my kom groet as ek by die staldeur sou praat. Ek was nog besig toe ‘n fynerige stemmetjie my kom groet van agter my en ek het gewonder hoekom die man my bekruip.
“Good morning sir, I am Emilio and you must be the hunter from Africa.”
“Please to meet you Emilio, I am Pine and you must call me Pine.”
Hy het vertel dat hy en nog ‘n Meksikaan die perde hanteerders is en dat daar veertig perde altyd op stal is en die res loop op die veld. Hulle kos word elke dag met ‘n vragmotor afgelewer en dit was in ‘n pilvorm gevoer. Hy het begin die soorte perde verduidelik en vir waste doel hulle aangewend word en ek het gewonder of die uitgevrete diere sou kon uithou op die Karoo vlaktes. Ons het verby so n pragtige Palomino kleur perd se stal geloop en sy naam was Sputnik en die Meksikaan het my gestop en sy handlanger het ook intussen by gekom en hy het ‘n perd na die ring toe geneem en ek wou meer weet van die geel perd.
“He is untrainable and will go to the abbatoir next week and will eventually end up on somebody’s dinner plate.”
“Why is he not trainable?”
“The boss’s wife fell from him last week and the boss doesn’t want him anymore.”
“Can you get him in the ring for me?”
“Yes by all means.”
Ek het al zabra geeet en ook net die fillette, ek was nie voorbereid om regte mak perde te eet nie, ek het my voorgeneem om versigtig te wees waar en wanneer ek sou eet en so ver moontlik eers te vra wat se vleis dit was.
Hy het die perd ‘n toom aan gesit en ek kon sien dat dit ‘n sagte rubberstang was en ek het in die ring die perd se voete begin deurkyk. Hy was nie beslaan nie en ek kon sien dat sy ysters vars afgehaal was.
“It is against the law to send a horse to the abbatoir with irons on his hooves.”
Sy snaakse fyn stemmetjie aksent was vir my nogal oulik en hy het net so dom Engels gepraat soos ek. Ek het beduie dat ek die pote wou skoon krap met ‘n krom ding wat ons gewoonlik ‘n springbok horing genoem het. Hy het so ‘n blink weergawe gebring en die perd was tevrede en het my geruik en ek het gewonder wat hom so wild gemaak het vir Ursula. Perde leer op n Karoo plaas was maar net ‘n normale gedeelte van boerdery en ons het dit van kleins af al gedoen.
Ons het nie ringe gehad nie en het sommer ‘n stuk los land of in die rivier se sand gebruik om hulle so effens moeg te kry en as jy sou val was dit nie so hard nie. Hy het ‘n saal loop haal en ek het die perd opgesaal en begin ry in die ring. Hy was koppig maar het nie te veel baklei nie. Hy was baie lus om my met die kop te slaan en ek wou ‘n stel springteuels he en sy kop bietjie intrek. Hy moes ook vir my ‘n stel spore bring want ‘n jong perd het ons nooit geslaan nie, net met die spore aangewakker. As hy jou wou byt of afskuur teen drade het die spoor hom baie gou daarvan laat afsien.
Ek het hom al in die rondte gery en hy het nie baie van spore gehou nie en ek het geweet dat my lyf sou seer word want ek het baie lanklaas gery. Hy het later begin blaas en ek het geweet dat hy te vet was en nie die uithouvermoe gehad het wat ek geken het nie. Ek het vir die Meksikaan gese om vir hom ‘n perd te gaan opsaal want ek wou veld toe ry met die perd wat kastig so vol dinge was. Hy kon met die springteuels nie kopslaan of spring nie en moes my noodgedwonge aanvaar. Ek was meer as ‘n uur met die perd doenig en die man het by die hek gewag en ek het gese dat ons maar kon ry.
Hy het so ‘n blou skimmel gehad en hy moes voor ry want ek het nie die wereld geken nie. My perd was nou al natgesweet en baie onfiks. Toe die hek oopgaan het die perd sy kans gesien en oor die veld begin harloop. Ek het geweet dat hy nie baie ver sou gaan nie en net besluit om bo te bly. Hy sou moeg word en dan sou hy wil baklei. Ons is oor grasperke en mooi lande en later het ek beeste en sulke vet wolskape gesien en ek het die man voor my verby gegaan en die perd maar laat galop. Hy het begin swaar asem haal en die lekker vars oggendlug het my meer van die vreemde wereld laat hou. Ons het seker so drie kilometer gery en hy het al hoe swaarder begin kry en ek het by ‘n wit heining gemaak van pale omgedraai. Hy het geweet dat hy op pad huistoe was en ek het hom laat begaan. Hy het sy bes probeer om my af te kry maar hy kon nie en het selfs skielik geswenk maar ek was reg vir hom en sou hom boor met die spoor as hy ‘n ding probeer.
Die stalle het in sig gekom en hy het gepyl vir sy stal maar met die spore en teuels het ek hom weer in die ring gekry. Hy was moeg, baie moeg en dit was presies wat ek wou gehad het. Ek het die ring laat toe maak en hom gedruk al in die rondte vir seker twintig rondtes en hy het al hoe swakker geword. Die wit salpeter het hom afgedrup en sy asem het gejaag en ek het by die hek gestop en die saal afgehaal en die nat bewende perd wat ek nooit mishandel het nie na die middelpunt van die ring geneem.
Daar het ek sy teuels met my linkerhand geneem en sy kop skerp na sy linkerkant toe getrek en sy linker voorpoot opgetel en hom stadig om gestoot tot op sy sykant. Hy het gele soos ‘n perd wat slaap en ek het teen hom gaan le en met hom baie mooi Afrikaans gepraat en hom gevryf. Ek het hom vertel dat die mense hom gaan opvreet as hy nie sy dinge los nie en met die sand van die ring het ek hom stadig probeer afkoel en vriende maak. By sy neus het die stof gestaan soos hy geblaas het en ek het my rug nat van die perde sweet en salpeter en so effens blikners tussen my bene saggies en al sagter gepraat en Mario het my wreed kom versteur en gese dat die gesin my van die balkon dophou. Dit was nou onnodig en ek het saggies opgestaan en die perd was baie naby slaap en ek het hom net so gelos en huis toe gestap.
Hulle het op die balkon gesit en ek was lekker vuil en vol sweet en ek het vir Jeannie gese om af te kom en my die pad te wys want ek is die more met ‘n kortpad na die stalle toe. Hulle wou hulle vrek lag en hulle het almal na die grasperk toe gekom en ons is na die perd toe wat nog net so op sy sy gele het. Hy was baie naby aan die slaap en ek het die teuels geneem en hom laat opstaan en die ander Meksikaan gevra waar ek die perd kon was.
Hy wou hom was maar ek wou dit self doen en daar was selfs warm water en die perd het dit heerlik geniet. Ek het hom droog gemaak en afgeborsel en in die stal gaan sit en sy pille gegee en ek was tevrede met die eerste dag van ons onmoeting.
“You never told me that you are a breaker of horses as well as a hunter.”
“There are a lot of things that you don’t know Sweety, by the way, horses are never broken in. They must just learn to abide by your laws, torturing does not work for them. A horse must learn to accept you as his boss and to be obedient and that is all. Never try to break their will, they will hate you for ever and will never forget the harm that you have done to them. You must be his ruler in a kind but firm manner. I am a farm boy and there is nothing in learning horses. All horses are good, many humans can’t say that. I would like you to keep that horse, he is a very fine beast. Little bit of training and love and you will have a friend for a long time.”
“Does that go for me too?”
“Do you also want to be loved and trained?”
“Yes I’d love it, when do we start?”
“Let me have a shower and some clean clothes and we can start.”
Altyd vol lewens lus en altyd opgeruimd. Ek het my gaan skoon maak want ek wou darem die plaas en sy bedrywighede ook sien en ek was honger want dit was nou al middel oggend.
Die plaas het baie van die fabrieke gehad wat hy van vertel het toe ons in die bosse van Botswana gejag het. Dit was ‘n bedrywigheid by die huis want van sy trofee wat hulle saam met my gejag het het opgedaag en die kamer moes nou weer oorgerangskik word. Die honderd ponder wat ek en hy en Kawindi geskiet was daar en ek sou die aand gaan kyk as dit klaar was. Daar was rye en rye groot geboue op die plaas en ek het gedink dat die mense dalk met hoenders ook boer. Die ander seun, Paul jr het my op ‘n besigtigingstoer geneem en hier sou ek ‘n heel ander bedryf sien.
Hier was n soorte van n muishond wat hulle “mink” genoem het in lang rye en rye hokke en hoog opgestapel. Duisende van die goed en ook van verskillende kleure en hulle was vir hulle pels geteel. Langs aan was die slagplek en dan langs aan die looiery en dan die plek waar die jasse en baadjies gemaak word. Dan was daar ‘n fabriek wat die klein karkassies in ‘n pilvorm verwerk het en die groeipille is aan ‘n soort jakkals gevoer wat net soos die nertse ook in hokke was en ook vir hulle pelse geboer was. Hulle sou ook jasse en baadjies word en hulle was ook verpil en gemeng met koring en mielies en die pillle is aan baie soorte poue en fisante gevoer wat weer sou vere gee vir die mode bedryf.
Daar was broeikamers waar die voels by die duisende geteel was en as hulle sou oud word was hulle verpil vir die jakkalse. Niks het verlore gegaan nie en die afval water en mis is elke dag op die aangeplante weiding gespuit.Dit was ‘n industrie en glad nie ‘n boerdery nie en die plek het sekerlik baie geld gemaak maar dit was nie my idee van ‘n lewe maak nie. Hulle het nog steeds te min vere en pelse gehad en het baie by ander telers gekoop. Dit was maar een van die maatskappye wat Paul hom mee besig gehou het. Hy was die eienaar van ‘n horde ander maatskappye waarvan ek nie eens geweet het nie. Tog was die ryk mense baie nederig en baie Christelik en het hulle ‘n baie hegte gesin gevorm net soos wat ons boere ook maar is.
Ek het uit die lug ‘n klomp beeste gesien en baie perde en ek het toe ek die perd gery het ook skape gesien en was nuuskierig. Dit was maar net die man se stokperdjie en daar was 700 Hereford koeie en meer as ‘n duisend ooie wat Dormer tipe skaap was en dan die perde stoeterye. Teen die onderpunt van die grond was ‘n rivier wat ook sy grens was en die het so ‘n stuk woud gehad en daar was sy wildkamp waar hy Red deer en Mule deer gekruis het. Die goed met basterweelde, groei blykbaar vinniger as die suiwer spesies, hulle “velvet” van die horings word geoes en die nageslag bulle gekastreer en hulle word lewendig na ‘n abbatoir gery een maal per jaar. Ook die verse wat gekruis is, word geslag en dan word weer vervangings verse van die suiwer ras ingekoop.
Ek het myself kon voorstel hoe ‘n boer van ons wereld met ‘n vrag lewendige wildsbokke sou ry na ‘n slagpale toe. Die goed was nie baie wild nie en was ook gevoer en blykbaar gesog in restaurante. Baie anders as by ons. Vir elke trop diere was daar oppasters en byna almal Meksikane en van hulle was gekruis met ander nasies. Hulle het hulle werk met perde gedoen en selfs die wild het ook pille gekry elke more. Ons kon tussen hulle rondstap en die groeivermoe bespreek. Dit is swaar wilds bokke en hulle is ook al mak geteel byna soos ons volstruise. Die goed het ‘n manier van trippel soos ‘n vyfgang perd as hulle draf. Dan was daar die wildevark boerdery waar die “European hog” met gewone rooi Duroc soe gekruis was en hulle was ook as “hogs” gelewer aan restaurante en die goed het in geelektrfifseerde kampe geloop en is ook aan restaurante en ander winkels gelewer. Die kruising was baie gewild by van die meer eksotiese plekke. Daar was ook varkoppasters en hulle is ook gevoer maar het vry rondgeloop en was nie in hokke nie.
Daar het behalwe die hordes vragmotors ook vier busse vol mense kom werk op die plaas en hulle sou van ‘n ander kant die plek benader want die huis was redelik privaat. Daar was ook ‘n warm swembad op die boonste verdieping met ‘n dak tuin. Toe ek op my balkon gaan sit het ‘n vrou met ‘n klomp Whippet hondjies en Yorkshire terriers om die huis gekom en sy was blykbaar net die honde meester wat hulle na omgesien het. Daar was twee kamers op die grond verdieping net vir die brakkies. Ek het gewonder of die mense ook honde sny en nie ergernis vir die bure maak nie en of hier ook honde skaap vang en jakkalse en soorte van rooikatte sou wees. Selfs die daktuin en swembad het sy oppaster gehad en daar was selfs ‘n hyser in die huis.
Ons was baie naby die grens van die staat Washington naby ‘n stad met die naam van Portland en net die Columbia rivier het ons van Washington geskei. Dit is ‘n redelike bergagtige wereld en die dorpies is by mekaar byna soos ek die WesKaap geken het. Daar is maar oral vrugte bome en dan weer beeste en melkerye en daar was selfs ‘n kaasfabriek waar ons kon kaas koop. Paul jr het ons gery met ‘n Fargo bakkie wat dan nou verkeerd om was en dit het snaaks gevoel met die pad aan die verkeerde kant.
Daar was ‘n fabrieks winkel wat ook aan hulle behoort het en ek wou n ekstra paar skoene gaan koop en het ook nog klere gekoop. Ons het maar min in die beskawing gekom en my klere was nie daarvoor gemaak nie. Hier was pragtige leerskoene en ek het twee pare en twee lyfbande gekoop en genoeg klere, sy wou om die dood nie he dat ek daarvoor betaal nie en dit is in ‘n boek opgeteken. Ek het nou bykans soos ‘n Amerikaner gevoel met die bont hemde en sy het selfs ‘n Stetson hoed vir my gekoop. Vir my was dit sommer gemors want as jy jou kop teen iets tik val hy af. ‘n Laphoed het baie beter gewerk.
Sy het ‘n klomp klere en material vir my ouers gekoop en ek het gese dat sy dit moes pos want ek sou weer terug gaan na Botswana en hulle nie gou sien nie. Dit was vier dose vol skoene en lyfbande en hemde en broeke want sy het my ouers vooraf geskakel om die groottes te verneem en ek kon my pa met ‘n Stetson nie voorstel nie. Die goed is toe gepos deur van die winkel werkers en ons is na ‘n restaurant toe wat haar pa blykbaar ook deel van was. Ons het op die boonste balkon gaan sit en ek kon die strate en verkeer en die winkels baie mooi sien. Ek het ongelooflik verlore gevoel in die vreemde wereld en daar het mense met ‘n perdekapkar gery en ek wou weet van hulle. Dit was blykbaar Mormone en hulle het ‘n paar vrouens gehad en baie naby die natuur geleef. Ek het gewonder wat die wereld nog sou inhou en hoeveel perde per jaar doodgery word van die mense met die snaakse verkeer wat alles verkeerd om doen.
Laer af in die straat was ‘n gebou wat gelyk het of hy ‘n paar honderd jaar oud was en dit was “Portland Custom Guns” en ek wou darem daar gaan inloer. Die gewere was in die vertoonvensters soos winkelpoppe uitgestal en vir die eerste maal het ek blink gewere gesien, die wat ons gebruik het was almal maar swart geblou. Binne in was rye en rye gewere soos kruideniers ware uitgestal en jy kon hulle optel en aanle en meet en pas en weer terug sit.
Die wereld het baie verskil van Afrika af. My bek het opgehang en daar was selfs baie gewere met knaknekke en drie lope. Ek het kalibers gesien wat ek nog nooit van gehoor het nie en die patrone het in rakke gele by my en ek kon baie soorte sien en die pakkies optel en deurkyk. Daar was ook van Barnes se koeelpunte in pakkies te koop en baie ander soorte koeelpunte, te veel om op te noem. Teen die mure het trofees gehang en ek het ‘n paar gesien wat van Afrika af kom en baie was nie naasteby trofee standaard nie. Daar was ‘n springbok met sulke kort horinkies soos ‘n rooiribbok. Dan was daar bere en skape wat wit was met Merino horings en selfs ‘n otter. Die eienaar van die plek het saam met Paul jr. gekom en ons aan mekaar voorgestel en ons is in die fabriek in waar gewere reggemaak was en ook ander gebou was. Dit was groot en oral het stukke gewere gele en die mense was besig en my eenvoud het my gemaak verstaan dat gewere ‘n baie groot rol speel in die wereld.
Teen die mure het honderde verkykers gehang, en baie teleskope soorte en name wat ek nog nooit gesien het nie. Daar was een muur net vol jagmesse en ek het geweet dat elke Amerikaner wat by ons kom jag het ook sulke reuse ondoeltreffende messe gehad het. Daar was een ry op die vloer net gepak met haelpatrone en ek het aan Selby gedink wat ook met die goed geskiet het. Dan was daar handwapens, sommige met teleskope op en ander wat net so lank soos gewere was met lang lope en kolwe.
Ek het die eienaar gevra hoeveel wapens daar was en waar hulle gebere word saans. Hy het gese dat daar nooit minder as 950 was nie en dat hulle net daar slaap waar ek hulle nou sien. Ek wou weet oor die wetgewing en hy het gese dat dit verskil van staat tot staat, hier kon jy jou geweer koop en patrone en met hom huis toe gaan. Daar was selfs Ak47’s en ook die nuwer modelle wat met 223 ammunisie geskiet het. Ek het genoeg gesien en amper niks gekoop nie, net vier lekker Buck “stock knives” vir my pa en ons is huistoe. Langs die pad het ek n tabak winkel gesien en ek het vir my tabak en ‘n nuwe pyp en ook ander rookgoed gekoop. Dit was ook bykans soos ‘n supermarkie, net van rookgoed. Die wereld was net te groot en vreemd vir my. Alles was op groot skaal gedoen.
Ons het teen skemer by die huis gekom en die manne wat die trofees moes bring en oor rangskik was net op pad om te ry. Die trofee kamer was op die kant van die huis en net so hoog soos die huis maar ‘n enkelverdieping. Hy was so groot dat ‘n boer twee stropers langs mekaar daar kon intrek. Daar sou die aand die inwyding van al die nuwe trofees wees en daar sou mense kom en gebraai word. Ek het nie daarvan geweet nie en het dit met Jeannie bespreek. Ek wou weet of ons nie maar kon ry na ‘n kant toe nie. Te veel mense sou my ongemaklik maak en baie van die nasie praat ‘n soorte van Engels wat jy baie fyn moes voor luister om te verstaan.
Sy het my gerus gestel en gese dat ek nie sou uit voel tussen die mense nie. Ek het my bedenkinge gehad en maar gaan stort en skeer en sy moes kom klere uitsoek wat darem by die manne sou pas. Ek het op die balkon gesit en rook en sy was besig om haar reg te maak iewers in die huis en ek het skielik verlang na Afrika. Ek kon die mense se motors hoor aankom en het gewonder waaroor die partytjie sou gaan. Een van die huishulpe het kom vra of ek iets nodig gehad het en ek het gese dat ‘n drankie lekker sou wees. Sy het met ‘n lys om gekom en ek kon wragtig regte Suid Afrikaanse brandewyn en Coke bestel. Dit het my nog meer laat verlang en ek het ver in die duister gekyk en geweet dat ek nooit hier sou aard nie.
Jeannie het gekom, baie, baie mooi soos altyd en ons is met die trappe af na die tuin toe en hier was baie mense en dit het vir my gelyk of almal na ons kyk. Die mense braai nie self soos ons nie, hulle het ‘n firma wat kom met vleis en gasbraaiers en ‘n tent en stoele en tafels en ‘n hele spul mense. Dit was alles voor die huis opgeslaan voor die trofee kamer. Daar was baie mense en ek het haar gese om my nie alleen te los nie want dan sou ek na my kamer toe gaan. Vreemde mense in ‘n vreemde wereld met ander gebruike was nie vir my nie.
Ons het maar so rond beweeg en sy het hier en daar mense gegroet en toe roep Paul ons almal om die trofees te kom kyk. Ons het nog nooit oor die oorlede boetie gepraat nie en dit het my bekommer. Ek is saam met die familie in die kamer in en voor ons was die honderd ponder wat ek en hy en Katwindi geskiet het, met ‘n lewens grootte foto van die boetie waar hy met my BRNO .22 staan in Botswana met ‘n fisant wat hy geskiet het. Ek kon die petalje onthou, hy het vreeslik met die voel gesukkel en ek het dit laat gaar maak vir hom. Paul het my voorgestel as die jagter van ons land wat in Botswana werk en met wie hy saam gejag het en by wie sy dogter die laaste meer as ‘n jaar was. Hy het ‘n paar jagverhale vertel van ons jagte en niks aangedik nie en toe gese dat hy die plek opdra aan sy oorlede seun en dat hy hom baie mis. Dit was nou egter tyd om aan te beweeg. Die mense het n wonderlike manier van rou getoon wat ek nie van geweet het nie.
Die trofee kamer was baie mooi en alles wat ons geskiet was daar selfs die krokodil wat die skoot binne in sy bek gekry het by Jeannie was met sy oopbek daar. Daar was baie Afrika spesies en sy trofee was afsonderlik van die ander seun en Jeannie sin. Ons het lekker geeet en gekuier en ek het al hoe meer van die mense gehou en het lekker gesels met van hulle. Daar was baie jagters by wat nog nie in Afrika was nie en Jeannie het hulle pamflette van ons onderneming gegee en as hulle almal sou kom jag sou ons baie besig gewees het. Van hulle wou weet van kalibers en ek het reguit gese dat ons nie hulle gewere ken nie en het maar op die koeelgewigte en spoed gewerk wat ek in Botswana gebruik het en my eie kalibers genoem waarmee ek sukses gehad het.
Ek was heimlik bly toe dit laterig word en die mense begin huistoe gaan. Ons is na my kamer toe en ek het vir die eerste maal gevoel dat ek die tydsone ingehaal het en my lyf reg gekalibreer was.
16 Oktober 1977