Jongste aktiwiteit:

John Gleeson en nog n paar bokke
vir

John Gleeson en nog n paar bokke

Die Indier skieter kon my nie se hoeveel diere hy na geskiet het nie en ek dink ook nie dat hy geweet het nie. Daar het diere dood gele en die toeriste is gevra om gekweste diere te rapporteer by elke waterpunt waar ons swart borde opgesit het. Hulle was gewaarsku dat daar n maniak was wat vir die lekker op enige diere geskiet het. Baie het seer sekerlik dood gele en is deur roofdiere gevreet en ander het dalk herstel. Dit is nie n lekker ding om in n wildpark te hanteer nie. Elke dag het daar maar berigte baie waar en baie onwaar ingekom van gekweste diere en ek het Luka en Katwindi bykans elke more gestuur want in die middae moes hulle die boesman mense help en hulle het met baie gekweste spesies gekom, tot n ratel. Bruce Kinlock se bloed het gekook en dit was hy wat die getalle moes deurgee aan die staat wat dan gebruik sou word in die hofsaak. Dit het natuurlik nie water gedra in die hof nie en hy is net aan jag binne n reservaat skuldig bevind.

John Gleeson het n baie goeie indruk op my gemaak en dit was vir my so onregverdig dat die man moes siek geword het wat so briljant was en wie se lewe nog voor hom gele het. Ek het hom die aand na die olifant moed ingepraat, sy prognose was goed genoeg en elke aand is daar bloed getrek en n drup opgesit en baie ander medikasie gedoen. Sy vader was die eienaar van n baie groot ingenieurs praktyk en daar het blykbaar baie mense vir hulle gewerk maar hy het sy eie ding gedoen. Die vliegtuig is terug na die VSA want dit was sy pa se firma se vliegtuig en hy het sy eie tyd gehad en ek het besef dat hy kon langer kuier as hy wou. Ek sou net nie altyd daar wees vir hom nie want ons het ook maar ons dinge gehad wat ons aan die gang gehou het. Hy kon saam met Jeannie ook die wereld bekyk en met haar kekkelbek sou hy binne sekondes sy siekte vergeet het en selfs saam met Temba en net die natuur geniet. Hy kon selfs na Kabous gaan vir sy toere want sy jag was baie vinnig afgehandel. Ek het dit met hom bespreek en hy sou graag wou langer bly en nog skiet wat hy bereid was om voor te betaal. Ek het geen belofte gemaak nie maar hy was welkom om saam met my op my roetes en rondtes te ry en ons sou moes skiet vir die boesmans.

Bruce en ek het stilweg besluit om die skiet van nomadiese leeus te staak vir eers. Dit was regerings beleid maar daar was n leeu ontploffing en ons het n oop kwota gehad vir nomade. Dit sou tot konflik lei buite die parke en die mannetjies by groot troppe het begin oud word en inteling kon plaasvind. Die leeutroppe was groot en daar kon maar n klompie oornames van jong mannetjies plaasvind. Ons het vir twee jaar die nomade hard gehamer en die getalle het dit gewys. Ons het besluit om een groep wat reeds gespeende kleintjies gehad het se ou mannetjies uit te haal om so n kunsmatige oorname te kry. Nomade was nog steeds volop maar weens ons skietery het hulle jonger geword of saam met ouer mannetjies wat uitgebyt was geloop. Dit was ook abnormaal want nomade was gewoonlik broers wat saam geloop het. Ek wou baie graag vir John n leeu laat skiet maar het niks gese nie want dit kon dalk nie gebeur nie en dit sou n teleurstelling wees.

Ek het vir Temba en my boesmans met een bakkie laat ry en ons vier mans en Jeannie het in die rigting van die Chobe rivier gery want ek wou hulle die ondervinding gee om by Manwasi se plek te gaan slaap. Ons het die stasiewa gebruik wat ek by Serapa gekoop het en die dokter het sy doepa in gepak en almal het geweet dat ons daar sou slaap maar nie John nie. Om in n inboorling kamp te kon slaap was vir baie mense die hoogtepunt van hulle besoek aan Afrika. Die doel was om ook maar die bevolking te besoek en die onophoudelike weiery van beeste en bokke in die grense van die park weer te gaan beklemtoon. Baie van die groepe het nie die park se grense eerbiedig nie en die staat was medoenloos oor dit. Skiet die vee en ontneem die hoofman sy toelaag vir drie maande. Ek het nooit gehou van die skiet van n man se eiendom nie behalwe honde en donkies. Honde het net kleinwild gejag en was deur die veeartseny spanne baie streng beheer, nie gekastreerde honde is geskiet. Donkies het ek met weemoed geskiet om hulle van slawerny en misbruik te red. Perde was skaars maar daar was perde en ook hulle was misbruik. Ons het deur die noordelike deel van die park gery waar nie paaie was nie maar dit was die deel wat ek die beste geken het. Ek wou tot teen die Chobe rivier gaan en kyk op n spesifieke skiereiland waar ek al baie groot krokke geskiet het en ek geweet het daar baie was. Daar het n sytak in die Chobe geloop en die babers moes daar baie gewees het want dit was wat die krokke gelok het. Jas het die plek goed geken maar ons was nie gerat om krokke af te slag nie en ek het hom gestuur om te gaan kyk en so vierhonderd meter van die water af stil gehou. Ons het langs die pad baie wild gekry maar nie wat ek regtig wou skiet nie, baie mooi olifant troppe en ook swartwitpense want dit was hulle wereld. Ek wou ook kyk vir nog gekweste diere.

Ons het sommer iets geeet wat Jeannie hulle ingepak het en na n rukkie het Jas kom se dat die sandbank vol krokke le en ek het vir John geroep en hom weer my 6.5 waaroor hy so mal was gegee. Ek en hy en Temba is weg by die bakkies en as hulle sou skote hoor moes Jeannie en die dokter die bakkies bring. Ek het my 8mm geneem want hy het ook n teleskoop gehad en die skote moes van so sestig meter geneem word. Krokke is baie fyn en as jy hom by die water gesteur het sou jy lank wag voor jy weer n kans kry. Ek het die skootplasing fyn verduidelik en Jas het n tang en draad saamgebring om die dooie krok vas te maak. Ons het werklik baie fyn bekruip en kon tot naby onder n Wildevy kom met die wortels bo-op die grond en ek het hom laat le oor die wortels. Daar het n hele klomp krokke gebak en die een wat die beste gele het was ook die grootste. Hy was vyftig meter en reg dwars met sy bek oop en son op gele. “ Can you see the one lying broadside with his mouth open, it is also the one nearest to you? Like I told you and showed you, take him just above the smile and I will follow up to make sure. They are sensing something is wrong and will not give us much more time. I am gonna take him Pine, are you ready? I am.” Die skoot en die 140 gr holpunt het die krok se kop laat opskiet en hy het net so bly le. Ek het n 200gr op sy blaaie geskiet en nader gehardloop met Jas se draad en tang en die reuse krok om die kop vas gemaak aan n stomp. John was in vervoering, hy het nooit gedroom van so n ding soos n “alligator” in Afrika skiet nie. Die ander het weggestorm water toe en die kiewiete het opgevlieg en die boom eekhorings het begin kletter en ek het myself geluk gewens dat ons so goed kon bekruip.

“ Why do you tie him with the wire Pine? The tend to stand up and walk to the water John. Without brains Pine? Believe me, without brains. I can always untie this one and make an example of your croc. No leave him tied to the stump.” Die bakkies het gekom en die kamera het lank gerol en ek het met Jeannie styf langs my onder die wildevy gesit en die man met die doodsvonnis beskou en my Peterson opgesteek en gewonder waaroor die lewe gaan. Hy was soos n kind en kon nie genoeg vertel vir die lens en die kamera nie en ek het hom laat begaan. Dit was warm op die sand met geen skaduwee nie en die dokter het hom later koelte toe gebring na ons toe. Jas het kom vra of hy die “kokkeda” se hart moes uithaal en ek het “ Ja” geantwoord. Hulle het die hart wat ek stukkend geskiet uitgehaal en ook hier moes die kamera werk en ons het die krok opgekatrol op die bakkie en gery na Manwasi se kamp toe. Jeannie het verduidelik dat ons vanaand sou slaap in die inboorlinge se eie woonplek en ek het dit so gereel. Ek het verskoning gemaak vir die krok se trofee. Hy sou net geslag word en die skedel kon hy kry en die vel. Ons het altyd sout by die kampe gelos en sou net die vel toerol die klippies in sy pens kon hy saam neem vir sy seun. By Manwasi se kamp het ek van n baie groot Kiaat geweet en die krok met die wenas laat optrek en weer het die kameras gerol. Hy lyk baie langer as hy aan sy bek in n boom hang. Naby was daar n redelike diep omaramba wat byna n meter diep was en ek en Jeannie is met die manne soontoe. Ons het in die lou water geswem met die jong babers wat teen ons vasswem en dit het vir luide geraas gesorg. Dit was heerlik en die whisky was lekker en die man kon baljaar soos n seuntjie wat hy so graag wou wees. Jeannie het lekkers uitgedeel en ons was werklik net soos kinders.

Ek het met Manwasi gepraat en hom verduidelik van die man se toestand en dat hy nie moes uitvra nie en ons het in die hoofman se lapa gaan sit en Jas het vuur gemaak en die ander het die krok van byna veertien voet afgeslag. Hulle sou in die gaste huisies slaap en ek het hulle laat spuit vir muskiete en weeluise en ek en Jeannie in my bakkie en die ander kon op die ander bakkie slaap. Manwasi het soos gewoonlik sy bottel gekry waaruit die gewer van die bottel eers moes drink en dit was John. Ons het begin braai, wors en Eland steaks en bietjie chips wat Jeannie gemaak het en n paar blikkies groente. Die hele aand het die kamera gerol en tot die slagtery van die krok en hoe die mense die vleis gedeel en gaar gemaak het, alles moes die arme kameraman opneem. Manwasi kon goed Engels praat en hulle het gesels soos mense wat mekaar al lankal ken. Hy het weer vir hulle ook houtsnee werk gegee en hulle natuurlik geld want hulle kon nie meer bied nie. Hy het saam met ons geeet en die dokter het hom geroep, dit was tyd vir sy versterk water en hy het gaan le. Ons het nog by die vuur gesit en John het met die drup op by ons kom sit en ek kon sien dat hy hartseer was. Hy het die drup aan n riet in die dak opgehang.

“ I have never been so happy in my whole life. This was the most wonderful days of my life and I want to thank you all. I came here uninvited and you did your best to accommodate me. Pine what you did, I can never pay you back for it. Jeannie why don’t you marry this hunter? It is awkward to see you both leaving for your own rooms every night while you are so deeply in love.” Hy het nog baie gepraat en ek wou hom laat begaan, die oomblik en die tyd het aan hom behoort en hy moes praat oor wat hy wou. Ek was by Manwasi omdat hy daar was. Ek het hom vertel dat Manwasi weet van sy siekte en hy het gese dat ek sy vraag ontwyk het oor Jeannie. Manwasi het tot my redding gekom. Die ou grysaard was die man wat die langste termyn as hoofman in sy land gehad het, hy was glad nie dom nie hoewel hy n natuurkind was. Hy het vir hom gese dat ek en Jeannie soos sy eie kinders was en hy was baie lief vir ons. Dit wat ons in sy land kom doen het was onverbeterlik. Nie die regering kon so veel vir mense doen soos ons reggekry het nie. Hy het vir John gese dat hy vir hom sal bid en as hy bid dan het dit nog altyd gewerk. Hy het John se hande geneem en vir hom gebid, ek het hartseer geword want ek het nog nooit so n eerlike gebed gehoor nie. Ek het weggestap en Jeannie het my gevolg, my trane het baie vlak gesit en ek wou nie weer huil nie en het myself bedwing. Party male raak die oomblikke en die gesprekke net te groot en te eerlik, dit het my altyd gevang. Die man se siekte en sy dankbaarheid was vir my te veel. Ons het nog n rukkie gesels en ek wat altyd vroeg opgestaan het was moeg en wou gaan slaap en ons is na my stasiewa toe.

Ek en Jeannie het nog lank gele en gesels oor ons en oor John en oor die lewe en hoe kort dit eintlik is en hoe gelukkig ons was om daar te kon wees en om gesond te wees. Sy het nog gepraat toe ek aan die slaap geraak het en vroeg die volgende more is ek na die beeskrale toe en John het saam gestap en ek het verduidelik dat ek eintlik n boer is wat nou jag in Botswana. “ Did I offend Jeannie last night when I asked about marriage? John, I am madly in love with this girl. We will eventually get married but not here in Botswana, I cannot expect it from her to come and stay here with me. This is a jungle and it is Africa, things are different here than in the States. This is only a stepping stone for us, something I wanted to do all my life. No you did not offend us in any way.” Hulle het ook n beesplaas gehad in Kansas. Die soort beeste het hy nie geken nie en die leeus wat maar die hele nag gebrul het rondom die beeskrale en die jong manne met hulle spiese en honde wat die beeste nou gaan uitjaag en die leeus wat dalk net le en wag vir hulle. Afrika is anders en baie ver van Amerika af en dinge word anders gedoen hier. Hy het self die kamera hanteer en met die bandopnemer gepraat en die beeste en hulle wagters afgeneem. Ek het gaan kyk want ons het net tien Afrikaner bulle gekry n jaar gelede en die kamp het twee gehad en hulle was nog in goeie kondisie en het die koeie deur geruik en die jong klomp is veld toe met hulle. Daar was bokke ook wat saam met die beeste geslaap het en n klomp vetstert skape en donkies en dan n sekere groep honde wat ook daar geslaap het. Die veld was mooi en die diere vet en gesond en die veeartse het baie male hier geslaap en raad gegee en die diere behandel. Ek het die beeswagters gewaarsku om nie die reservaat se grense binne te gaan nie, hulle was meer geneig om vir die kamera te poseer as om vir my te luister.

Ek het die ander spul geroer want ek wou ontbyt by n sekere watergat gaan geniet en op pad by nog n kamp aanry en dan in n oostelike rigting na die groter Chobe rivier toe. Die mense se tuine was mooi en die bevolking vriendelik en Jeannie het weer lekkers uitgedeel en ons het by die water gekom. Dit was nog vroeg en ons was net binne die park se grense. Daar was baie wild en baie spesies maar die mooiste was die dik-dikke. Altyd twee bymekaar en altyd so statig en beheersd op hulle hoede en altyd bewus van alles rondom hulle. Ons het onder n worsboom gaan sit en vir die boesmans het ek rantsoen pakke ingepak maar hulle het vleis ook gehad wat klaar gaar was. Ek het aangeneem dat hulle dit by die plek waar ons geslaap het geruil het. Daar het baie soorte gekom en ek het my 416 maar altyd naby gehad toe n rooihartebees kom sukkel water toe. Sy agterbeen was af en ek het dat John hom skiet, of hy afgeskiet was of op n ander manier gebreek het sou ek nie weet nie. Weer het die kamera gerol en hy het nog n soort bok geskiet. Ons het hom gekuip en by die eerste nedersetting afgelaai. Dit was n redelike bul.

Ons het op die wal van die Chobe gaan staan by n plek wat ek baie goed geken het en die pragtige rivier het onder ons gele. Jakkie het die plek Maalgate genoem. Hier was die wal hoog en uitgekalwe met loodregte kante en die seekoeie het onder ons hulle dinge gedoen en in die skaduwee van n Maroela het ons gaan sit. Dit was vir my n baie mooi plek want jy kon ver oor die vloedvlaktes noord kyk en ook ver op met die rivier in n westelike rigting. Naby die rivier was die voels so mooi en volop en die hordes byvreters wat in die wal nes gemaak het en natuurlik die visarend wat met sy weemoed jou laat weet het dat jy nou in Afrika was. Wonderlik mooi met die seekoeie nie verder as dertig meter nie en hulle geblaas en gesnork en die tande wys as hulle jou gewaar. Hier het die kamera oortyd gewerk en ek het hulle laat begaan. John het omtrent die kameraman gejaag met sy stem en en dan hier en dan daar gewys terwyl hy self kommentaar gelewer het, my kom uitvra het en ek vir Jeannie gese het om alles te vertel want sy het net so veel soos ek geweet. Hy was veeleisend en wou elke dag meer as ten volle leef en ek kon hom nie verkwalik nie. Jas het met sy handbyl weggeraak en met n hele rantsoen pak se plastiek vol wit heuning gekom. Warm heuning is n pes vir jou maag en ek en Jeannie het dit geweet. Amerika se manne ken nie warm heuning nie, hulle het dit berou en die dokter het diep in sy tas gekrap. Ek het gewaarsku, hulle het nie geluister nie en ook dit moes verfilm word. Dit was nogal komies as n man sonder sy broek moes hoor dat daar leeus naby was. Sulke kort treetjies met die hande wat toehou wat hy moes toehou.

Ek het besluit om terug te draai na Nyati en sou deur die veld ry van water tot die volgende water en soos ek meer suid gegaan het, het die omarambas begin droog word en net die gate en fonteine het nog water gehad. Hier by n watergat het John n reuse bobbejaan geskiet wat weer roibokkies gevreet het. Ek het twee geskiet en weer moes die kamera rol en vertel, bobbejane was nooit my gunstelinge nie en die uitryg van bokkie derms nog minder. Die boesmans het gevrek oor hulle vleis en ons het hulle opgelaai en n ent verder het John n baie mooi rooibok geskiet wat ek vir ons self wou gehad het. Dit het begin laat word en ek moes huistoe en nog weer met Bruce beraadslaag en Katwindi sien en hoor wat hulle gekry het. Daar was nie veel kamera werk by die rooibok nie en die is in die slagstoor gedoen en ook die bok moes gekuip word. Hulle het vertel van nog gekweste diere en Luka het n buffel geskiet met n boud skoot en ook n rooibok. Hulle moes my kom se die volgende more hoe die vleis voorraad was by die boesmans want dit het my baie dae na n boesman vakansie oord begin lyk. Jeannie het gese dat ek lelik was en die mense moes voer, ek het agter geraak met my werk en sou die nag n storie en beplanning moes maak en vir John saam met Luka en Katwindi stuur op hulle vroee more patrollie.

Ons het op die dek gaan sit en ek kon die pragtige klein olfantjie met sy besorgde ma nie miskyk nie. Ook die ratel wat die kleintjie in die bek gedra het soos n hond en hom langs die water kom neersit het en gedrink het. Daar het n trop leeus brul brul ver aan gekom en ek het geweet dat hulle my natuurskoon sou kom bederf. Bruce het gekom en sy gewone Gin en Tonic gedrink en Jeannie het vir my iets gaan haal en ons moes eers weer opvang met mekaar. Daar was genoeg vleis vir twee dae by die kamp het Jan Hugo gese en die groep moes na twee dae na die Swerfvlakte se water gaan, ons sou moes help trek met hulle. Temba sou die groot Deutz vragmotor wat ook 4×4 was neem en Jan sou sy staat bakkie neem. Daar het n groep gewag in die rante agter die kamp maar hulle het eers baie goed gespioeneer om seker te maak wat aan die gang was met die boesmans wat binne die kamp was. Die mense was baie versigtig vir vreemdes. Ek en Jeannie het saam gestem, dinge het so glad geloop ons kon maar weg gaan vir lang tye, alles was onder beheer.

Die leeus het opgedaag net toe John en sy geselskap van die slagstoor af kom en by ons kom sit. Tussen die groot groep wat ses mannetjies gehad het was n wyfie met n knak in haar stert en n mannetjie wat se bek altyd heen en weer geswaai het en ek het vir Luka laat roep. Dit was die groep wat ek die mannetjies wou laat uitskiet want hulle was nou net parasiete wat geteer het op die vangste van die wyfies. Die jong leeus het daaronder gely. Luka het saam gestem dat dit die groep was en dit was n baie groot trop leeus. Ek het gehoop met die skiet van die mannetjies dat hulle sou opbreek. Luka het die groep getel en hulle was 34 en ek sou dit nie waag sonder n voertuig tussen hulle nie. Die knakstert wyfie was by en hulle het op n ry gesit en drink en ek het geweet dat hulle sou brul as hulle klaar gedrink het. Van die wyfies was ook oud en het al stomp tande gehad, Bruce het gese dat dit tyd was vir nuwe mannetjies. So het ons die leeutroppe bestuur en dit het so goed gewerk. Toe dit na my tyd gestaak is het die getalle getuimel en moes dit noodwendig weer gedoen word. Toe was dit amper te laat vir Botswana se leeus. Leeus bly hulle eie grootste vyand. In hierdie groep was wondelike mooi mannetjies en die een het soos die ander gelyk.

“ What does a lion cost Pine? A lot of courage and no pissing in your pants John. They are not for the faint hearted, especially such a big pack.”

25 Februarie 1978

Opmerkings:

Dit is dieselfde Luka en sy van was Msibi en na my af is hy terug na Kasangula en na sy geboorteland Rhodesie wat toe onafhanlik was. Hy was n wonderlike jagter maar nie in die klas van Katwindi nie in die sin van Katwindi was vreesloos en ek en hy het baie dae baie woorde gehad daaroor. Temba was net so n goeie jagter en hulle almal het maar gevlug na Botswana met die kookpot wat in Rhodesie aan die gang was. Hulle was natuurlik almal ou “Tsetse Control” manne wat met 30 kalibers baie baie wild van alle spesies uitgeskiet het. Ons het spesifiek van swart jagters by my gebruik gemaak want hulle het baie meer kennis as ek gehad en dit was in lyn met my eie behoefte om inheemse jagters op te lei. Ek kon dit nooit regkry nie. Die Matabeles het hulle as n minderheids groep baie hoer geag as die res van Botswana en Rhodesie se inwoners want as jy sal reg onthou was hulle Zoeloes wat met Silkaats gevlug het na die land. Hulle was wonderlike werkers en ek het al gewonder waar hulle inpas in die nuwe Zimbabwe want die Matabeles was nie deel van die “struggle” in hulle land nie en het hulle nog al die jare as Zoeloes beskou. Daar bestaan geen groter apartheid as tussen swart volke nie




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed