Jongste aktiwiteit:

Terug na my geliefde wereld.
vir

Terug na my geliefde wereld.

Ons het die eerste aand by Ben geslaap en Jeannie het omtrent vir almal persente gebring, klein Ben het gekry wat enige seuntjie se hart sou bly maak. Sy kon nie genoeg van die klein man kry nie en het ook maar vol humor na my benoudheid verwys, hoe bitter bang ek vir vlieg was en my versigtigheid vir die vreemde wereld. Die man wat sy moose bekruip het, het ook n onnodige heldedaad gemaak van die bergleeu waarop ek sommer reguit na toe geloop het en dit het nogal n indruk op die vreemde nasie se jagters gemaak. Ek het met Paul oor die soort kat gepraat en hy het my aangeraai om dit te doen, hulle is maar net n soorte van rooikat, werlik niks snaaks aan nie. Hulle grom en lawaai maar storm nooit nie. Die mense is baie bang vir n bergleeu want dit word maar van kleins af seker in hulle in geprent dat die goed gevaarlik is.

Dit was weer kostelik om vir die grote Batonka te sien speel met die seuntjie, hy het se eie klein spies en kierie en boog gehad, Bees se hand was groter as die kind se rug, net soos vir Ben , het hy die kind aanbid. Ook hy het sy kwota gekry by ons. Die grote sterke man het nooit n hemp gedra nie, dus het ons maar kort broeke gebring en messe en n pyp en tabak en lekkers. Hy was net so lank soos Ben, ses voet agt duim, ek moet nog n sterker mens in my lewe sien. Daar het n foto teen die muur gehang wat n klient geneem het waar Bees n tsessebe bul op sy skouers dra. Ben het darem gese dat hy nie ver geloop het met die bok nie.

Die man met die vreesaanjaende voorkoms het die hart van n lammetjie gehad as dit by sy werkgewers gekom het. Hy het my plegtig kom bedank in Matabele en ek het gehoop dat ek hom nooit in my lewe sou kwaad maak nie. Ons het die aand weer oor die Gwai konsessie gepraat en en hy het my beloof dat een derde van sy totale jaginkomste van daar sou kom en die res van die Kavango konsessie wat hy vir Selby hanteer het. Hulle was drie jagters en ook die juniors se salarisse sou so verdeel moes word. Ek was bang dat Selby sou dink dat Ben meer in sy eie gebied sou jag. Ek het ook aan hom gese dat my opdrag aan Selby was om so veel as moontlik kliente na hom te stuur. Dit het hom gepas. Ek het hom vertel dat ek vir Bruce Kinlock raak geloop het en hy het hom geken. Sy raad aan my was om hom as n natuurbewaarder in die Chobe aan te stel want hy was nie regtig n jagter nie. Hy het in Uganda baie groot hoogtes as natuurman bereik en dit was sy liefde.

Ons is die volgende more na die die Linyati toe. Hoe nader ek gekom het met die bakkie hoe meer het ek besef dat ek die plek ongelooflik sou mis. Dit was net die aanloklikheid van n nuwe basis wat vir my positief was. Dit het gevoel of ek lank weg was en tog was dit maar n kort rukkie. Niks het verander nie en Jakkie was uit met kliente en Kabous en Monica en die hele staf het ons in gewag by die hek en saam met die bakkie gedraf tot by my slaap plek. Die honde het onmiddelik Jeannie se stem gehoor en hulle byna natgemaak. Sy was nog meer in ekstase as die diere en selfs die nagape het helder oordag in haar kamer in gekom. Ek het die boesmans se persente uitgedeel en dit was net Jakkie en Katwindi wat nog in die veld was. Ek het gewonder of die buffel en die Zebra en die Vlakvark haar sou onthou. Hulle het haar beter as die honde onthou en die vark was al weer ver heen met n pens. Sy en Maria, Katwindi se vrou en Monica het langs die swembad tussen die spul mak diere gaan sit en hulle dinge gepraat en ek en Kabous moes eers weer op datum kom met alles.

Die grondverskuiwings masjiene was klaar daar en die die pad na Nyati toe was al ver in aanbou en die heining om die basis bykans klaar en die pypleiding ook amper klaar gele. Die konstruksie span het eers die asgat gedeelte afgekamp om hulle self teen die leeus te beskerm. Ek het geweet dat die Chobe se leeus ongeskik was, dit was vir my n probleem maar selfs daaraan het Kabous gedink en hulle het n span gestuur om mense op te pas met militere gewere en hulle moes aan hom rapporteer vir elke skoot wat geskiet was.

In die hele oprigtings fase van Nyati is nie een dier deur die kostruksie spanne geskiet nie. Daar was n paar benoude oomblikke en een man moes wegjaag met leeus agter op sy bakkie, ek het geweet dat konflik onvermydelik sou wees, dit moes net reg gehanteer word. Die leeus van veral die Noordelike Chobe was gesoute mensvreters en dit was die hoofrede dat ek nie bevolking daar wou toelaat nie.

Kabous het gereken dat die basis oor n maand bewoonbaar sou wees en voor Kersfees afgehandel en aan ons oorgegee sou word. Hy het ook gerapporteer oor die bakens wat met sement opgerig was elke vyfhonderd meter om die grense van die park aan te dui, dit het die verskuiwing van n baie klein gedeelte bevolking tot gevolg gehad. Dit was klaar afgehandel en hulle is meer oos geskuif soos wat ek dit aan Peter Williams voorgestel het. Hulle was beter af en ons sou sorg dat hulle met behoorlike begeleiding hulle naasbestaandes se grafte kon kom besoek.

Hulle lande was klaar bewerk en heinings is klaar met swarthaak gemaak en hulle vee is met staatshulp geskuif en hulle basisse was ook klaar. Behalwe vir die nomadiese boesmans sou ons nie mense binne die park se gebied toelaat nie. Jakkie het volgens hom baie uit sy dop gekruip na ek weg is en die verantwoordelikheid van die jagtery baie ernstig opgeneem en ek het geweet dat ek nie n fout sou maak om hom aan te stel nie. Hulle het hulle beste maand van die jaar gehad na ek weg is en ek was baie dankbaar daarvoor. Jakkie was n meester jagter, hy het nog net nooit die verantwoordelikheid daarvan gedra nie en dit was grootliks my skuld.

Hulle het teen laat midaag met twee buffels terug gekom en ek was baie bly om my mense weer te sien. Ek het alles uitgedeel wat daar was en die 338 het hy lank bekyk en gese dat hy my oor n paar dae sou se wat hy van hom dink. Hy was baie dankbaar vir die ander persente en ook Katwindi. Hulle wou hulle verkyk aan die spul gewere en ek het die verkykers en teleskope en afstand meters gegee en ook die lekker Puma jagmesse.

Ons is na die kroeg toe en ek moes begin vertel van die verre snaakse land waar ek was en wat ek gejag het. Ek het vertel van die plaas en die pelsjasse en perde en hy wou weet of n Engelse perd dan ook Afrikaans verstaan. Hy het twee Portugese kliente gehad en dit was n taal wat ek en hy noodgedwonge in die Caprivi en suid Angola moes aanleer, ons kon nie werklik dit praat nie maar kon ons self help daarmee. Dit was twee baie gawe manne en hulle jag was bykans op n einde en ek het my verkyk aan Jakkie se boekhou vermoe en hoe anders hy die jagte op sy eie hanteer het, weer het ek besef dat ek eintlik die man al lankal op sy eie moes laat jag het. Ek het gedink aan die Wankie konsessie wat sou leeg raak en en ek het al hoe meer besef dat hy my die beste raad kon gee. Ons sou moes op die boot gaan daarvoor.

“ I am so glad to be back, thank you very much for bringing me back.

If you are happy then I am more than happy Sweety. I am the one that have to thank you for all the trouble you went through to keep me happy in Oregan, to show me your part of the world and to go out of your way to take me to places that I would never have seen. It is a different part of the world and a very different country that I will never forget. I will take you to the seaside in my country for the festive season, then you can be part of the more civilised part of my life. All that you really know is that I am a hunter and the son of a farmer and that I am mad about the outdoor life.

Do you really know how much my parents love you?

Well your dad gave about a few thousand worth of rifles and reloading equipment, and I really did nothing to deserve it.

He would not have missed it for the world. He is also so in love with your African style and type of doing things. You are different people with other values and my mom adores you.

You know that there will never be secrets between me and your mom, and she makes me think of my own nation, she never was a rich women until she met your dad and she became the James Bond girl that we all saw on the big screen.

Still she is as humble as ever in her life. We were still asleep that morning when you took that horse for the ride of his life, my mom woke us up and told us to come and have a look how things are being done in Africa. My dad took his phone and cancelled all his appointments and he spent the whole day with us. Do you remember that?

Yes I do, but horses are there for mankind to enjoy, and I did tell Ursula not to mount a horse that she is not capable of handling, it was not his fault.”

Ek het soos gewoonlik vroeg by my loodsboom gaan sit en die wakker word van Afrika geniet en die geraas van seekoeie en die rooipootfisante en die visarende, dit was een van die lekkerste terugkomste wat ek nog gehad het en ek het geweet dat ek hopeloos verlief was op Afrika. Ek sou die pragtige Linyati mis, ek sou die reop van die visarende mis en ek het geweet dat ek dit moes doen, tog was ek onseker oor die skuif na die Chobe toe.

Ons is later die more na ons primitiewe skietbaan om die 338 van Jakkie te gaan toets en om die teleskope wat ek vir hom saam gebring het te gaan monteer en uit te toets. Hy was baie mal oor die Remington aksie en die geweer het goed gegroepeer maar die penetrasie vermoe het hy nie geken nie en ek ook nie.

“Kom ons kyk wat doen die solids met daai dooie Tambotie, as hy my daargh gaan oorghtuigh dan sal ek weet wat hy kan doen.”

Sy 220 gr koeel is reg deur die boom en Jakkie het gese dat hulle nog n seekoei moes skiet en dat hy hom sou toets. Weer het die natuurlike aanleg van die meester skut my opgeval. Sy gewere was net gereedskap stukke wat hulle werk moes doen, daar was nie plek vir mooi wees en tierlantyntjies nie. As hy kon groepeer en betroubaar was en hy kon diep genoeg penetreer dan was hy tevrede. Jakkie sou met die geweer van sy beste skote en grootste diere op sy kalme manier skiet en nooit ooit windgat wees oor die wapens of homself nie. Hy het hulle gereeld skoon gemaak en gediens maar hulle was gemaak vir n sekere doel en hulle moes daaraan voldoen of hy sou hulle weggee vir iemand. n Paar skrape op die kolf en n duik hier en daar het hom min geskeel, hy moes net reguit skiet. Plat op die aarde mense die Namakwalanders. Hy was my militere broer, nederig en n wonderlike vriend, elke dag presies net soos hy die vorige dag was. Ek was baie mal oor Jakkie en sy eenvoudige manier van lewe en sy nederige manier om baie vinnig manne aarde toe te bring. Hy sou vir baie manne se. “ Waargh ek vandaan kom skiet n man met jou geweerhg, nie met jou bek nie.” Hy het nooit n skietkompetisie verloor waarvan ek geweet het nie.

Ons het werklik n rede gesoek om die gewere te gaan skiet, die slagspanne was besig om die buffels te kuip en Jakkie het sy 338 geneem en ek die 6.5×68. Ons het al lank gesoek vir gewere wat kon lekker plat skiet veral op die vloedvlaktes waar daar min skuiling was om te bekruip. Jakkie het die 200gr. platneuse van Barnes verkies want hy het al met hulle in sy 303 geskiet. Ek het by die 120gr holpunte van Barnes gehou en ons het die boesmans gelaai en is suid in die rigting waar die nuwe pad in aanbou was in die rigting van Nyati. Ek het die 416 saam geneem vir die wis en die onwis en ons wou net gaan kyk vir iets vir die pot en om wors te maak. Ons het die afstand meters saam geneem en dit was skielik baie lekker om net te kon sien hoe ver n dier van ons af was.

Vir ons was dit altyd belangrik om jonger bokke en ook verse of ooie te skiet vir ons eie gebruik. Ons het in die rigting van n gebrande deel gegaan waar die jong gras lekker sag en sappig was en sou so ver moontlik sommer uit die bakkie skiet want dit was maar n vleisjag en ons wou vir die boesmans ook iets skiet. Die twee buffels van die kliente was oud en wat my betref oneetbaar en Katwindi sou hulle na Mawasi se kamp neem. Ons het die vleis van elande en rietbokke verkies bo die van enige ander spesie. Die rooihartebeeste en tsesebbes het ook lekker wors gemaak as dit jong diere was en ons sou hulle op die brandveld kry.

Ek het bestuur en Jakkie het die gebied beter as ek geken en hy het my na n miershoop beduie wat naby n groepie Mopanies was. Die elande het n ent weg gewei en ons het teen die mopanies gaan staan.

“ Volgens die afstand meter is die voorste koei 230 meter en van daar moet jy maar self uitwerk hoe ver die ander is Jakkie.

Ou Pine ons skiet nog al die jare sonder die goed, dit is egter handig om te weet hoe ver n bok is as hy jou net genoeg tyd gee.

By die groter goed sal die ding niks beteken nie Jakkie, as ou Simba kom kwaad raak kan ons nie eers meet hoe ver hy is voor ons hom moet klop nie.

Dit sal handig wees by kliente wat aanhoudend vra hoe ver die bokke is en jy baie maal geirriteerd raak. Pine meet daai regterkanste vers wat aan die Mopanie vreet en se my, ek gaan teen die boom sit en haar nek afskiet.

Jakkie die droe vers is 227 meter wat vir jou n goeie indikasie moet gee van die geweer se vermoe.”

Sy skoot was onder die oor en die vers het gele en skop en ek kon die soliede koeel hoor fluit deur die takke.

“ Die geweer skiet baie lekker Pine, Kabous moet n Engelse brief aan die vet Amerikaner stuur, ek sal dit onderteken.

Jy kan mos self die brief skryf Jakkie,

nee wat ou Pine, dit is nou nie my sterk punt nie. Die man het baie gewig verloor en hy kom weer jag volgende jaar.

Hy kan maar kom Pine, daai man was baie goed vir ons. Jammer dat jy pap was met malaria daai tyd, die man was werklik erg oor ons.”

Ons het die bok gaan uitbloei en die pens en die vetderm uit gehaal en die vers gelaai, sy was droog en in baie goeie kondisie. Ons het verder gery en ek wou he dat hy n zebra ook skiet vir die boesmans en ek sou kyk vir twee rietbokke of dan n nog iets om die vleis bietjie meer te maak. Die zebra het reguit na ons gekyk en dit was n hings want deur die verkyker kon ek die swart baklei merke op sy gesig sien. Hy was 164 meter en die skoot het hom in die laer nek bokant die kuiltjie geslaan. Die hings het bykans op sy agterpote gestaan voor hy omgedop het en ons het nader gery en ek het dat die boemans die pens en die harslag uithaal want dit was beskadig en ek wou die wondkanaal sien. Ons het die koeel in die linkerboud baie naby die vel gekry, hy was effe gebuig maar andersins ongeskonde.

“Pine die geweer sal n buffel ook kan skiet,

jy skiet hulle dan met jou 303, hy is beslis beter as die 303.

Dit sal hy nog moet bewys, min gewere sal my 303 klop.

Nou moet ons soek vir n rietbok of twee, die gras het groot gebrand en hulle sal vorentoe wees meer na waar die Mopanies meer ruig word.”

Ons het verder gery en dit was net lekker om weer saam met my goeie ou vriend te kon skiet, dit was nie jag in die ware sin van die woord nie en ons het maar meer gesels oor sy afgelope jagtog en die kliente en my verskuiwing na die die Chobe.

“ Die twee jong jagters doen goed Pine, ek het nou die dag gesien waar ons leeus by n kameelperd weggejaag het, hulle is nie bang nie en ek is bly dat jy hulle twee vir my uitgesoek het.

Selby het geweet dat ek nie baie daarvan dink om sy leerlingjagters terug te stuur nie Jakkie. Hy het sy kop twee maal by my gestamp met swak jagters en sal nie weer so n toets dop nie. Ons werk is te gevaarlik om met manne te sukkel wat nie hulle kant kan bring nie.

Daar voor loop Rietbokke Pine.”

“Die meter se dit is 185 meter en jy kan maar albei die ramme klop, die een links is die grote en hy vertrap maar die jonge, dit is hoekom hy eenkant is.

Jy beter maar uitklim Pine, die boesmans haal so hard asem dat die bakkie bly beweeg, wys my wat daai vinnige geweer kan doen. Gaan sit op die miershoop hier links van die bakkie.”

Die bokke het van ons geweet en my eerste skoot het die jong ram omgeslaan en hulle het die kenmerkende fluit van rietbokke gegee en begin dwars voor ons verby draf met die wit sterte wat omhoog gehou is. Jas het n harde fluit gegee en die ram was tussen die ooie maar oop vir n skoot en ek het hom deur die nek geskiet. Ons het die bokke se pense uitgehaal en gebloei en opgelaai en is huis toe om te gaan voorberei om wors en patties te maak.

“Ons moet darem weer boot ook ry Jakkie, dit is die een ding wat ek die meeste gaan mis in die Chobe, ons hou altyd lekker vergadering op die boot en het al baie probleme daar opgelos.”

Ons het die bokke by die huis gaan afslag en ek het vir Maburu opdrag gegee en ook vir die Sjef Ali wat in Wandi se plek was om die boot reg te kry vir n namiddag vaart. Kabous het n lekker groot boot gehad en ons kon almal daar op gaan en dit geniet. Daar was min tyd oor en ek moes die Wankie konsessie wat sou leeg word met Rob en Piet wat sou terug gaan Republiek toe, uit sorteer. Jakkie het ook gese dat hy iets het om oor te praat en ek het vir Jeannie gaan waarsku dat hulle moes reg wees teen drie uur die middag.

Ons was almal op die boot, Rey en Colin en ook Luka en Katwindi en dan die vrouens ook. Dit het die vorige nag gereen maar die reen seisoen was laat en dit moes al in Zambie en Angola gereen het want die rivier het begin styg. Daar moes eerstens die verlof vir die einde van die jaar bepaal word. Jagte sou gestop word op 15 Desember en weer hervat word net na Nuwejaar. Kabous en Monica sou gaan trou, niemand het geweet wanneer nie en ek dink hulle het ook nie geweet nie. Ons het sommer namens hulle besluit dat dit die Saterdag voor Kersfees moes wees want dit sou ons almal pas. Hulle sou in n klein kerkie op Knysna trou en net ons en die familie sou daar wees. Katwindi en Luka kon ook afkry maar hulle het dit geweier want Rhodesie was nog steeds n kookpot en hulle het verkies om te bly. Rey en Colin wou ook beide net vir Kersfees af he en sou teen nuwejaar weer terug wees.

Dit was Jakkie wat met sy gewone snaaksigheid gekom het, hy het n meisie gehad van sy jeugdae af waarvan nie een van ons geweet het nie.

“Pine ek wil gou na die twee Porras klaar gejag het n paar dae af he om vir Naomi te gaan haal op Springbok. Ons gaan al uit sedert laerskool dae en siende dat jy vir Maria gaan wegneem saam Chobe toe en Kabous na sy vakansie oord sal verskuif in die nuwe jaar sal ek n sekretaresse nodig he. Sy is n kindertuin onderwyseres en sy kan maar net so wel vir my kom werk.

Jakkie hoekom weet nie een van ons van jou meisie nie?

Was dit nodig dat ek aan julle moes verduidelik dat ek n meisie het?

Seker nie maar jy kan ons almal nou met n hoenderveer om slaan.

Het julle dan gedink ek is n moffie?

Jy het ons net nooit gese dat jy n meisie het nie. Ons het die briewe gesien met die mooi handskrif en maar aan geneem dat dit jou suster is.

Wel julle het verkeerd aangeneem, dit was my meisie en sy gaan met my trou, ek weet nie wanneer nie maar miskien nog voor Kabous. Hy hou in elk geval vir Monica hopeloos te lank aan n lyntjie. As ek sy was het ek hom onder sy gat geskop, as die pes net kon staan, maar hy is te lui daarvoor.”

Kabous en ek en Jakkie het n lang pad saam geloop van die begin van ons hoerskool dae en ons het mekaar verstaan, ek was seker dat hy oor n week of meer as getroude man by ons sou opdaag.

“Het jy darem n foto van die meisie?

In my Bybel is daar n foto.

Nou is julle al verloof?

Nee, in ons verhouding raak n mens nie verloof nie, kyk na Kabous, hulle is nie verloof nie en ons moes selfs netnou sy troudatum vir hom vasstel.

Jy is die een met die groot bek Pine, jy het verloof geraak by n “cuca shop” op pad na Katima en ook niks verder gevorder nie. Daai mooie meisie moet jou ook onder jou agterwereld skop, as ek net geweet het hoe om dit vir haar in Engels te verduidelik dan het ek dit al lankal vir haar gese.

Wag nou manne, die feit dat julle nou begin troukoors kry het met my niks uit te waaie nie. Ons het nie boot toe gekom oor n trouery nie, my probleem is die Wankie wat gaan leeg loop as Rob en Piet waai die einde van die jaar.”

Ons kon nie bekostig dat die konsessie leeg staan nie hoewel daar nie met kliente gejag was nie en net ivoor geskiet was moes ons hom ten alle koste behou. Of ons die huur betaal het of nie, die staat sou nie n lee konsessie geduld het nie en sou hom vir ander ondernemers gegee het. As ek nie anders kon nie sou ek die konsessie op my moes neem en eers dit uit sorteer en dan moes Chobe toe gaan. Ons kon nie die plek onderverhuur nie want dit was teen die wet en met vrede wat geblyk het aan die kom was in Rhodesie sou hy weereens n baie betalende konsessie word. Selby se opdrag aan my was om die konsessie lewendig te hou. Jakkie het gese dat ons dit met Johan Adriaanse en Noel Wood van Ingwe moes bespreek, een van hulle kon gaan met leerlingjagters wat by Selby was, daar was te veel by hom en hy sou moes twee afstaan.

Selby het sy probleem myne gemaak en ek was nie lekker daaroor nie. Hy het vir maande al geweet dat die twee manne nie langer as die einde van die jaar sou bly nie. Hy kon voorsiening gemaak het. Die Linyati was die mees betalende konsessie en onder die beheer van Jakkie kon dit net beter gaan, ek kon nie aan sy personeel krap nie. Ben het twee konsessies hanteer en baie hard gewerk, ek kon ook nie daar aas vir nog mense nie. Ek het vir Kabous opdrag gegee om vir Selby te kontak dat hy my moes kom sien, hy moes personeel voorsien vir die Wankie gedeelte. Al waar daar gekrap kon word was by Ingwe en hulle sou dan moes opdeel tussen die twee en besluit wie waar sou jag. Beide Noel en Johan was baie gesoute jagters en as hulle jong manne kon by kry sou dit opgelos wees. Dit sou beteken dat een sou moes trek na Wankie.

Dit was warm op die boot en ons het die swemhok saam gesleep en die water geniet en ook vir Kabous in die hok gehelp en heerlik ontspan, die seekoeie het so af en toe ongeskik geraak maar hulle kon eintlik niks aan ons doen nie. Jeannie het begin praat oor die tyd oorsee en weer genoem hoe bang ek vir vlieg was, Jakkie wou dit n paar maal hoor, dit was net te lekker om te hoor hoe bang ek was. Ek het gepraat oor die jagtery anderkant die water en die geweer winkels en hoe maklik n mens daar kon gaan koop en huis toe ry met jou geweer. Die kos was lekker en die koue goed genoeg en ook koud genoeg.

Dit was heerlik om die rivier te kon geniet en ek en Jeannie sou die volgende dag gaan kyk wat met die bouery aangaan by Nyati.

14 November 1977




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed