Stephan Uys
Lees meer oor Stephan Uys BRONS KLAS September 2018 – Spyse vir die siel projek 2.’n Plekkie op die muur So ʼn week of wat gelede gaan haal ek my afbetaalde voertuie se eienaarskappapiere by die hoofkantoor van ʼn groot handelsbank. Ek vat my oudste saam vir geselskap. Die seun van my het ʼn dik […]
Lynne Lexow
Lees meer oor Lynne Lexow BRONS KLAS September 2018 – Spyse vir die siel projek 3. Groenfontein se sielskos Daar is ‘n oase in my kontrei waar water spoel oor laagwater brûe, die silwervissies baljaar sorgloos en vry en berge boggles het op hulle rûe waar eggos van bobbejaan se kind deur die vallei weerklink, skilpad […]
Steve Hofmeyr
Deur jou vingers… Jy, in die huis van haat verdwaal. Daar’s ‘n prys om te betaal. Soek jy bang in ‘n donker gang, waar die lig deur die luike val. En hier, leer die fout wat jy begaan. ‘n Goue les daaraan. Jy’t my hart ontvoer oor jou koue vloer. Waar jy vir my alleen […]
Madzi
Lees meer oor Madzi BRONS KLAS Augustus 2018 – Haikoe projek 3.Japannese dis met n Kinkel Kyk as daar nou een ding is wat my fassineer, dan is dit Japannese kos. Hulle noem nie verniet Japan die wonderland van kos nie! Hulle disse is nogal ‘n mengsel van geure en kleure en vrek interessant, om […]
Wilma Heinlein
Lees meer oor Wilma BRONS KLAS Augustus 2018 – Haikoe projek 1.Japanese toilet Die Japanese toilette is ‘n heel belangrike item in elke Japanese huishouding. Daar is verskillende soorte. Sommige werk met knoppies, verhit die water, het ‘n wasbak wat as combo dien. Ja, en daar is dinge wat daarmee saamgaan. Die elektriese toestel wat […]
Madzi
Lees meer oor Madzi BRONS KLAS Augustus 2018 – Haikoe projek 1.Winterskets as ek kon sou ek vir jou die winterson skets rooi geel somerstraal ©Madzi
Johan Jack Smith
Hipsterhart Jy het die vlug een laat Sondagmiddag by Lanseria gevat Tussen jou Tampax, Kook en Geniet en Prozac het my hart gelê in jou Cotton Road-sak Ek het my Hipster-refleksie in die glas gesien en dit wat teruggestaar het het my naar gemaak Ek het geroep voor check-in maar Oom, ek het my kanse […]
Loftus Marais
Wederkoms en wanneer die ramshorings blaas en die hele wêreld terugtrek jerusalem toe in gypsy-karavane en campers en in busse en busse vol afgepisde ateïste sal ek myself mooimaak regmaak ek sal my sondes soos juwele dra want hulle is mýne my gitrok sal skitter ’n parfuum van skande en swael sal om my hang […]
Melt Myburg
op elsa se stoep II moedswillig draai die wind seilers vou hul oranje vleuels in die lagune stoot hul peristalties uit my voete skakel in trurat; ‘n kreeftegang in die laaste lig steier ‘n trio concordes oor die kim na ‘n watergraf digby mykonos ‘n man met sout slape arriveer uit die see, boodskapper van […]
Danie Marais
Barcelona – 2 en ’n ½ jaar later Ons sit waarskynlik ’n laaste keer saam in ’n restaurant. Die plek se naam is La Veronica – die ene minimalistic chic in die gothic deel van Barcelons, nogal: pragtige slaaie, ’n bottel rooi wyn en ’n bottel water voor ons, ’n huwelik agter ons en jou […]