Jongste aktiwiteit:

Bloeiselblom

as ek kan uitstaan
in maanlig aand
met fluweel sagrooi
wat drup uit my hart
‘n liefdeslewe ek en jy
wat op wolke kan sweef
ver weg van die seerkry
aan gisters wil ek nie meer
want vorentoe is daar ‘n lewe
my bloeiselblom
in maanskyn lig
deel met my die pretwees
van ons bestaan
tussen waterval wolke
strome van liefde
wat oorloop in my gedagtes
wil ek deel wees van jou
vergeet ons van almal om ons
en leef ons in harmonie
ek en jy in die asem van wolke
en sing ons eie liefdes lied

@ Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak