blouberg
jy alleenstaande struktuur
van besondere geologiese oorsprong
jy was dikwels my lighuis en baken
wanneer jy sigbaar word
op my pad noorde toe
jy troon oor die bosveld
soos ‘n matriag van ouds
om jou het die volkies
in die sand geploeg
maar min geoes
suid-wes van sandrivier se draai
lê jou eiland van geskiedenis vaal
blou in die vroeg oggend miswolke
waar jy troon oor skeenshoek se poskantoor
uitkyk oor die draai van limpopo se vloei
jou bobbejaan koninkryk wyd bekend
met sy luiperd bioom wat rykdom heg
aan omgewing van diepwater plase
oppad na berg se vivo kuip
waar teerpad om berg kruip
ou blouberg, jou skoonheid bitter
jou rykdomme ongevind
sal jy hierdie lewe bied
note van krans aasvoël
se krassende lied
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.