
SA Stories se eerste bundel!!
Ons eerste gesamenlike bundel Nostalgie is nou beskikbaar teen R120 (posgeld ingesluit) by elsabedebeer8@gmail.com
Dit gaan oor die tye “toe ons nog met ‘n tiekie kon bel.”
Uittreksel:
Pause’ vir Ouma se melktert
Geskryf deur Hettie du Plessis
Gehekelde doilies, skooltasse van karton, kerswas op geel verbleikte dokumente en die reuk van motbolletjies en stof.
Dit was altyd vir my wonderlik om tussen ou goed rond te krap. Op ’n dag ontdek jy dat jou pa eintlik goed kan teken en die volgende weer dat jou ma ʼn derde taal magtig is.
Op ʼn dag maak ek weer so ʼn besonderse ontdekking – Ouma Hettie se koeksister- en melktert-resepte in haar eie handskrif.
ʼn Kosbare skat, al moes Oupa Adolf altyd ʼn maand lank spandeer om net een liefdesbrief te kan ontsyfer.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.