Jongste aktiwiteit:

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Ricco het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Jessica Venter het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van CHRISTELLECHRISTELLE is nou vriende

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

2de Skryfkompetisie het gesluit – Sperdatum vir inskrywings 31 Julie 2017 Ons wag vir almal se inskrywings!

Vriende ons is by die einde van die kompetisie. Ek wil al die lede wat deel was van die groot skryf kompetisie net weer herinner aan die feit dat ek van 1 – 31 Julie 2017 die volledige inskrywings MOET ontvang (GEEN uitsonderings sal gemaak word nie, Ek MOET Maandag 31 Julie 2017 op die laaste jou inskrywing ontvang anders is jy gediskwalifiseer, so stuur asb so gou doenlik!

Jou volledige inskrywing (maw AL jou plasings op INK asook dit wat moontlik nog kort om jou vereiste 100 bladsye te vul) moet aangestuur word na skryfafrikaans@ink.org.za sodat die Ink moderators die keuse van die 5 beste in beide gedigte en verhale, en ook tegnies goedversorgde inskrywings kan doen om vir die borge te kan voorlê sodat hulle die finale wenners kan kies. Lede wat ingeskryf het moet asseblief daarop let dat die skryfkompetisie niks met die trofee wenners van die jaar te doen het nie. In die kompetisies wat op INK geloots word besluit die borge (op julle finale en volledige produk) wie die wenners is.

Let wel: Beoordeling word op die reeds geplaasde inskrywings op INK en die volledige boek/bundel in totaliteit gedoen. Die wenners sal dan op die Gala-aand van 04 Nov 2017 by die hAp-huis in Pretoria bekend gemaak word en gaan hulle ook hulle pryse in ontvangs neem. Lede wat ingeskryf het moet asb daarop let dat die wenners soos deur die borge gekies, sal staan en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Let ook asb daarop dat jou bundel/boek reeds taalversorg en geproeflees moet wees aangesien INK en die borge nie verantwoordelikheid aanvaar vir spel- en taalfoute nie

VEREISTES: – Deur hierdie vereistes te ignoreer gaan jy jouself en jou inskrywing benadeel. Dit is dus baie belangrik om na te kom!!!

1. Jy moet jou werk as ‘n word.doc deurstuur in A5- Arial skrif 10 Bladuitleg lynbreuke op “0” gestel”. (Gaan asb deur vir spelfoute!!) (Page layout – spacing set on 0) Nommer jou bladsye.  Plaas asb bv. 1 gedig per bladsy sodat jou werk netjies vertoon en maklik is om te lees en te beoordeel.

2.Plaas al jou werk wat reeds op INK verskyn het en dan eers kan jy byvoeg dit wat nog kort om jou publikasie vol te maak. Beoordeling sal daarvolgens gekontroleer word.

3.Beeldmateriaal wat jy by jou werk wil gebruik moet tot die minimum beperk word aangesien dit die koste van die drukwerk beinvloed. Jy moet ook oor die kopiereg van die betrokke beeldmateriaal beskik alvorens dit gebruik kan word.

4. Jou moontlike publikasie moet die voorgeskrewe 100 bladsye wees. (100 bladsye publikasie die res sal bestaan uit die inhoudsopgawe, biografie, Inleiding, ISBN nr ens. Hierdie inligting sal deur die publiseerders bygevoeg en vir die wenner gratis gedoen word) LET ASB DAAROP DAT ONS NIE ONS KWOTA VAN BESKIKBARE BLADSYE OORSKRY NIE, DAAR KAN GEEN UITSONDERINGS GEMAAK WORD NIE

5. Jou volledige kontakbesonderhede en ID nommer moet op ‘n aparte dokument voorkom.

6. ‘n Kort biografie en ‘n duidelike foto (.jpeg formaat) van jouself.

7. ‘n Foto/skets van jou beplande voorblad (.jpeg format)

8. ‘n Naam vir jou bundel/boek

9.Lokteks oor jou publikasie apart in ‘n dokument

Die lede wat verdere hulp nodig het, kontak my asb. Alle inskrywings moet per e-pos aan skryfafrikaans@ink.org.za gestuur word.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak