
boekevat
die olielamp flikker
aandlug is soel en beweeg stadig
die geel eetkamer tafel blink dof in die lig
skaduwees beweeg lui heen en weer in die hoeke
die famielie Bybel lê oop aan bopunt van die tafel
waar oupa elke aand sewe uur kom sit het
om die tafel kom sit groot en klein
reg om aandagtig te kom luister
want agterna word vrae gevra
nie tyd om slap slaap ooglede
te laat sak en te droom nie
so het ons kleintyd
se boekevat
gebeur
soms hard probeer
om die slap ooglede te beheer
soos ons ouer word het dit makliker
en meer verstaanbaar geword
in vandag se besige lewe
van informasie-purgasie
is daar weinig daarvan oor
tegnologie het die lees
van die Woord uit ‘n boek
feitlik oudmodies gemaak
met die koms van moderne liberalisme
is die Woord en ware geloof saam met
die nuwe eeu se badwater uitgegooi
saam beleef ons die direkte gevolge daarvan
‘n wêreld met vervalle waardes wat toenemend
mense-wrakke skep en laat vergaan
“…waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is in die Naam van die Here van die Leërskare, die God van Abraham, Isak en Jakob – die Verlosser : Jesus Christus alleen.”
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.