
Boemerangsiklus
Boemerangsiklus
Trane van hartseer en verlange
en trane van groot vreugde
balanseer op ‘n mespunt om in
krisistye, die ewewig versteur, af te stort
want wat die hart van vol is loop die
mond en ook die oë van oor en bring
‘n drukpot gemoedsverligting—
Die emosies groei soos dreigende
onweerswolke tot by versadiging om
dan in tranereën te ontlaai en later
skuil in die mooiste wolke al die trane
van die mensdom gestort deur die eeue
in ‘n boemerangsiklus—
Janetta – Helena [Babs]©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
diepseer maar soooo mooi!