vir
Gedigte
boerseun
vredig sit hy op die stoep
die spelerige windjie draai
sy kromsteelpyp se rokie
‘n krullende varkstertjie
sy gedagtes gaan draai ver
anderkant die blouste berg
waar onthou lank gelede
vir ervaring ontmoet het
geen outomaat pla hom nie
van google weet hy mos niks
maar die lewe ken hy terdeë
deur oplettendheid alleen
om te redeneer oor iets
tot oplossings gevind word
dit is mos sy alledaagse kos
al reën dit nie altyd betyds
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.