boerseun
vredig sit hy op die stoep
die spelerige windjie draai
‘n krullende varkstertjie
sy gedagtes gaan draai ver
anderkant die blouste berg
geen outomaat pla hom nie
van google weet hy mos niks
maar die lewe ken hy terdeë
deur oplettendheid alleen
tot oplossings gevind word
dit is mos sy alledaagse kos
al reën dit nie altyd betyds