Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Brief van ‘n vriendin.

Deur Kiekies
Datum gepubliseer: 31 Desember 2019 Aantal woorde: 531 616 Kere gelees 11

Hierdie is ’n brief wat ek al in 2010 ontvang het van my dierbare vriendin. Ek giggel nog elke keer as ek dit lees.

Hi Lynettie!!!!
Ag hoe wens ek nie vanoggend ek het jou hier neffens my nie!! Ek sal darem nou ‘n stap partner kan opgebruik en nie net vir die oefen nie, maar sommer om lekker te praat oor hoe goed die Here vir ons is, maar ook om dan vir jou te kan sê ek wônner tog soms of Hy nie maar so bietjie witbroodjies het nie!!!! Jy sien die ding hoekom ek nou so sê en daaroor wônner staan nou so: Hy weet mos nou verdomp hoe lief ek vir witbrood en souskos en veral daai soete verleiding genaamd sjokolade is, maar nee, Hy staat en maak my mos toe sowaar as wragtig net n dônnerse baksteen hoog!

Nou ja dis ook nou nie Sy skuld dat ek nie wil ophou as ek moet ophou nie, maar siende dat ons in Okt troue hou het ek toe myself so wragtie ’n gat in die kop staan en praat en by ons GYM gaan aansluit, met die gedagte dat as ek die bloedgeld betaal, dit my sal aanspoor om te gaan oefen! Well… Wrong!!

Ek lê op die oomblik in die bed met Philo in die bakkie van my bene en Beeno aan die anderkant ingeprop, sodat ek nogal weet hoe voel ’n lam mens, want ek kan nie beweeg nie!!!

Maar terug by die GYM. Ek gaan toe mos dat ek die papiere kan invul en daar kom hierdie lang kraak in die muur na my aangestap. Toe sy naderkom, sien ek dis die girl wat ons gaan afrig (ek het nie my bril opgehad nie). Well sy was baie oulik. Het my vriendelik aan die arm gevat en na ’n stoel gelei my die pen en vorms gegee en gesê: ‘Sit en vul die solank in’. Later vir my gevoel ek wil die gebou koop, soveel goed was daar vir my gevra!

Ek moes later my skoene uittrek, en sy het my gemeet, gepas, geweeg en baie peinsend my vet geknyp!!! Ten minste het sy my van al haar sukses verhale vertel, van al haar “gevalle” net soos ek, waarmee sy baie goeie resultate gekry het! Hallo geval??? Nou ja, sy het my geld vinnig gevat en my na die muur geneem en my vinger geaktiveer, wat my vrye toegang gee na die GYM. Ek kan enige tyd of heeldag kom oefen. Whahahaha, ja right!

Daarna het sy gesê dat sy voorstel ek begin met ’n lekker Pilatus klassie, dan doen ek so bietjie Spinning en om af te koel, stap ek saam met die dames na die Wildtuin se hek, so 3 km. Onthou ons moet terug kom ook, so dis flippen 6km!!!

Dis alles goed en wel, maar ek het nou net my tekkies aangetrek en kar toe gestap en ek is vodde! So ek weet net dit gaan ’n laaaaaaaang dag word.

Nou sien jy hoekom ek graag sou wou hê ons moes kon saamstap, vir lekker oefening! Sal jou wel op hoogte hou hoe dit gaan met my en GYM!




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 52
Kommentaar telling: 569

Stories gebeur met my. Rondom my. Naby my. Al wat oor bly is om dit oor te vertel.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 142 gaste aanlyn

Bydraes – Argief