Jongste aktiwiteit:

Bruin Kardoes

Bruin Kardoes

vir jou ‘n bruin kardoes
‘n hele mengelmoes
deermekaar swiets
nikkerbols en likerish
miskien dalk ‘n kondensmelkpikkie
als bymekaar gebind met ‘n strikkie
al die dinge wat ons moes
en al die dinge wat ons wou
als pak ek in daai kardoes vir jou
al die lag en lekker
van doerie tyd tot nou
gebêre onder baie jare
begrawe onder baie stof
om uit te strooi saam’t bont hersblare
vóór ons gedagtes heeltemal verdof

© Barbara Smit – 17/05/2019




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed