Jongste aktiwiteit:

Daar’s ‘n vrou in elke kleur

Soek haar nie in rooi hartjies
en langsteelrose nie
maar vind haar in die kleure van die veld
waar die roesrooi van die duine
in boesmangras
en skaapbosgroen versmelt
as sononder sy kleurespel
met wolkformasies deel
haar toevou in ‘n josefsjas
van lila, blou en gansdonsgeel
seël in haar hart met driedoringgom
die passie van ‘n botterblom
en bemin haar in nuanses van pastel

©️Elize Kruger
7 Februarie 2022




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed