
Die blou seer(silwer)
1.Gesigseinder blou
alleen in sy stille sfeer
dis daar-daar in daai dag
toe ek my hart aan jou bemag
2. ‘n duisend keur se gedagtes
dwaal doelloos deur;
‘n gewonde gevestige in jou kelders,
spreek soos swaeltjies sweef
3.hóe sal jy proe gebottel
vir ‘n dipsomaan hengelaar
veral as jou hoeke geset is,
familiaal in die dieptes van my hart.
©Morné du Preez
2 Kommentare
-
Tearlach
Pragtige gedig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2022 – Liefde (OOP) projek