Die beeld in die spieël!
Sy kyk in die spieël,
sien ‘n verwronge beeld,
deur jare heen verrimpeld en verniel.
Die gesig ken net trane.
Die oë is dof gehuil,
Die ore is doof gehoor,
die oë wat diep agter in hul kaste skuil.
die gesig het sy mooiheid verloor.
Die gesig is al net vel en been,
en so het dit geword oor jare heen.
Dis ‘n teken van swaarkry en smart,
die verweerdheid van die hart.
Diep lyne en kepe is ingegraveer,
met jare se swaarkry, smart en hartseer.
Die lewe het sy gang gegaan,
of sy nou kom of gaan of stil staan.
Tyd en lewe het nooit vir haar gewag,
dit het verby gegaan dag vir dag.
Sy moes uithaal en wys,
maar sy kon nooit die lewe bewys.
Wat in haar steek,
die lewe het haar gebreek.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.