Jongste aktiwiteit:

Die Bosveld in Afrikaans

wanneer die bosveld voor jou uitgestrek lê
en die wolke krabbers saam pak
beleef jy die grootheid van ons Vader se weë

terwyl die druppels fyn sifreën op jou venster lê jou voertuig se wiele saggies neurie op die pad
raak gedagtes diep en staan ons verleë

want min sê ons dankie Heer om dit te hê
‘n land aan ons boere toevertroue
soos afrikaans so deel is van ons

strek plaashekke voor jou uit
gryp n opgewondenheid ons harte beet
voel dit jy het tuis gekom

die bosveld word gekoppel aan ons land
waar ons taal die beste is ooit
verstaanbaar sonder aggressie

vandag word plase verlaat
terwyl daar n bangheid ingesluip het
want wreedheid het in die bosveld gaan lê

soos afrikaans in my kom lê het
so sal die bosveld aan my kleef
vir ewig die bosveld in afrikaans

waar groen die lewe spreek
en berge en klowe ego’s gooi
diep ek in liefde uitgestrek

die lafenis van lewe wat praat
tussen windpomp en vee
landerye met hande hard geswoeg

my lewe, my land Suid Afrika
waar liefde swewe
dit is my lewe in afrikaans

© Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed