Jongste aktiwiteit:

DIE BRAAIVLEIS

As Oom Gert die verhaal vertel dan speel die glimlag breed oor sy gesig en dis hoe ek hom sal onthou…die staaljie van jare terug.

Dit was met ‘n vergadering wat in die landbousaal gehou was en die manne het klaar vergader oor die stand van die boerdery, die prys van beeste en skaap, die brandpunte in die gemeentskap en die stand van die damme. Ja, Oom Gert se ogies trek toe soos hy sy lag inhou.

Sien…begin hy…

Na die vergadering was die gebruik om heerlik saam te kuier en die vleisies en drankies is geniet soos net die mense van die kontrei dit kan doen.
So het een van die boere sy vetgemaakte skapie daar langs Oom Gawie se hond vasgemaak. Die skapie moes natuurlik geslag word vir die fees was sou volg.
So vloei die voggies en so kuier die mense heelik saam tot vroeg oggend.
Die manne word honger en ‘iemand’ word aangewys om die skapie te slag.
So kuier die manne verder en geniet die braaivleis.
So raak dit stiller in die vroegoggend as almal ‘n uiltjie knip voor hul huistoe gaan.
Volgende oggend word hul wakker, kyk na die bome waar die skapie en hond vasgemaak is…en so wragtag…
daar staan die skapie nog….

Dan bars Oom Gert uit van die lag en hy weet…ja die man wat die skapie moes gaan haal…het verseker die verkeerde skaap geslag…




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed