Die Brief
trek ek nader n papier.
ek wil vir jou iets skryf.
n pen in die palm van my hand.
vasgeklou saam die korrels.
van die see se sand.
verlang ek na jou my lief.
begin ek die brief.
van ver af stuur ek groete.
terwyl ek geklim het oor die duine.
op n plek het ek tot stilstand gekom.
my oe gedwaal oor die groen valleie.
wou my brief begin met jou naam.
raak ek verlore in die nag geluide.
wat saam my die wysie sing vir jou.
die note, nie meer so bekorend.
laat my weer onthou.
my verlange na jou.
saam die wind weggewaai.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.