Jongste aktiwiteit:

Jy en die Nag

jy saam die aand van verlange.
verberg in geluide wat troos.
omhels die klanke van n vrolike geluid jou.
berge versteek in n donker laag
kombers van die nag.

heroep weer daai storie
wat vlamme innig in jou laat brand.
onthou ek jou weer soos gister.
skitterend dans jy saam die verste sterre.
met lang tree gedelf.
spore op die grond van ons Land.

breek daar weer n glimlag
versprei oor jou stil gelaat.
begrawe eertydse belewenis
verstil dit! gooi dit weg!
lank vergete.
dra nie meer die smart van onbeplande spore gekruis oor jou pad.

as jy maar net vertrosen kon soek
saam die stilte van die nag.
vlugteling hardloop nie meer.
tusssen jou emosie wat wakker word
eendag sal dit saam jou lag.
vir jou sal ek plant saam die kleurige
veld se blomme.
sien jy hoe pragtig jy is
ongeag jou verlede se herrinering.

daai glimlag verhelder die sonigste dag.
straal dit uit.
wys jy is n mens wat weer heel kan inpas.
vrede in jou hart sal weer vir jou intree soos die tyd wat jy jou eerste tree gegee.
Vlugteling hardloop nie meer.
keer terug na die see
daar waar jou gemoed

vir jou stilletjies, saggies,
fluisterend voorentoe sal laat stap.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed