
Ek verlang in Afrikaans
ons vingers in mekaar gestrengel
bypasende kunswerke van ons hande
mekaar se trane weg geveë
afgedrup soos reenboeë teen ons wange
my “mamma”
die stem in my droom
uitgebasiun
roep ek na haar
vergewe
Korintiërse liefde
nog n tree
nader aan jou
totweersiens
ek verlang in Afrikaans
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2018 - Moeder projek