Jongste aktiwiteit:

Vegter Prinses

jare se trane het gebeurtenisse laat bly
kleef dit soos seesand aan haar vel
vrae oor gister voel vir haar nog nie verby
hunkering na vrede
is waaroor haar binneste stry
n Gelukbringer van liefde en sonskyn
berus in haar gemoed
kom dit om haar stilletjies te bevry
tot die verlede weer herinneringe draai
en om die hoeke
van horisone verskyn
verdwaal sy in haar drome
van n eertydse stryd
skud dit af met n glimlag
dan is dit weer verby
rangskik sy haar hare met bloeisels
n Kroon geweef om vir Hom te dra
vlei sy haarself neer op groen lande
oe gerig na prentjies wat form van bo
Hy het haar nog altyd gedra
oorkom sy weer gebeurtenisse
met Sy Genade vir haar
n Prinses met haar eie naam
Vegter Kind vir haar Koningse Pa




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed