
MY ZALI
My Zali
die omkrul hoeke van my siel is skaam
tog lê die blaaie oop en bloot
en uit die dieptes van haar moederhart
kies my Zali vir my ‘n spesiale naam
tussen al die wilde lyne deur
van ongeslypte dom-onsekerheid
gaan sy my gedagtes mooi inkleur
met die heldergroen van Haasgras
en die goud van ‘n Karoobos se blom
haar wysheid sal my storie raam
die letters so fyn versier met stil gebede
my rug versterk soos ‘n Witgat se stam
en op die buiteblad vir almal om te sien
die spikkels van ‘n Kanniedood se blare
© Barbara Smit 17/05/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.