
lig
wanneer lig oplaas in rooi verwelk
wanneer wolke saggies blom en styg
wanneer nagwinde begin skeurend huil
wanneer slaap my siel verdwaas in stilte
wendinge van seisoene en getye rek
wendinge van die lewenstyd wil krimp
wendinge mense verdwaas laat vrees
wendinge aarde in chaos laat kantel
jou hart wil bewend staak van stres
jou hart trek ‘n punt terug na verlede
jou hart sweef nie meer verwonderd
jou hart wil net gaan rus in ewigheid
en siel wat verdwaas rondgryp na lig
en siel wat jou lewe lank moes leer
en siel wat so diep verwond moet keer
en siel wat oorgee in hand van sy Heer
heilig is die Naam van ons hemelse Heer
heilig is Sy woning waar Hy alleen regeer
heilig is Sy kinders wat slegs in Hom glo
heilig is Hy waaroor ons sing en Hom prys
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.