Die Briefdraer
Dag, Oom. Pos vir julle.
Dag-ook, jong. Iets interessant?
Nee. Vandag nie. Net reklame.
Nouja, dit kom ongelees in die oudpapier-blik.
Bietjie werkies in die tuin, Oom?
Ja, so isset: Hy wat ‘n tuin het, het altyd iets om te doen.
Moenie jouself oorspan nie, hoor. By hierdie soel weer, nogal.
A-ag wat. Ek werk beter by die warmte as by die koue. . .
Goed dan. Vandag is tog ‘n paar wolkies. Maar ek werk liewers as dit koud is – om warm te kry.
Hoor hierso, ou seun. Ek kom daarvandaan waar die son woon. En daai bietjie wat ons die laaste tyd gehad het . . . Ek’s dankbaar, maar kom winter en ek kruip terug in my kokon.
‘Verstaan. Maar pas tog op, nè? Totsiens, Oom.
‘Siens ja.
©17e.Augustus2018…….ⱷʘʭΘʭʘⱷ……………………………………………..tje
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.