Die Derde Kruis
DIE DERDE KRUIS
“Heer, onthou my asseblief
in Paradys”
“seun, vandag
sal jy saam met my reis”
wie is hierdie Man
langs wie ek hang?
die liefde in Sy oë
maak my skoon bewoë
ek is ‘n rower en ‘n oorlas
en veroordeel om te hang
ek glo ek hoort hier –
hierdie kruis is my straf
maar Hy is gestreep en geskeur
‘n doringkroon bedek Sy hoof
uit Sy wonde vloei die bloed
dit is die bloed
wat Vader met kind gaan versoen
ek draai my kop en ons oë ontmoet
en ek besef vir my sonde het Hy geboet
die klagte teen my het Hy teruggetrek
deur Sy lyding neem Hy my plek
die wêreld word donker
Sy uur het gekom
en soos die aarde oopskeur
gewaar ek die poorte se deur
©PcV
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.