Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIE DORP CARNARVON (Gedig opgedra aan my vriendin)

Deur Eleen van Deventer Vorster
Datum gepubliseer: 27 November 2018 Aantal woorde: 80 632 Kere gelees 10

DIE DORP CARNARVON
(Gedig opgedra aan my vriendin)

Die tuisdorp Carnarvon
waaruit ons voorgeslagte kom
Historiese outydse geboue
word vir altyd behoue

die rustigheid wat die dorp inhou
wil ons vir altyd in ons harte vashou
dis waar my liefde vir altyd hoort
so uniek in sy eie soort

daar ver in die klein karoo
dis die werêld waarin ek glo
ek is trots op my stukkie land
so kosbaar uit die Vader se hand

© Eleen van Deventer Vorster




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    27 November 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2018 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 193
Kommentaar telling: 92

BIBLIOGRAFIE   Eleen van Deventer Vorster is op 24 Desember 1960 in Nylstroom, Limpopo gebore. Sy woon tydens 1978 in die mooie Jakarandastad, Pretoria. Eleen het al sedert haar skooldae gedroom om haar werk eendag te publiseer in ‘n bundel en het eers in 2017 die pen opgetel. Haar eerste gedigte wat sy geskryf was op 4 Februarie 2017 geskryf.   Haar gedig wat gewen het op19 September 2017 was een van die wengedigte van SA Digters se kompetisie wat in haar 1ste Digbundel verskyn in Simfonie van See die Mei 2018.   Sy deel ook graag haar gedigte en werke op die platform, INK Skryf in Afrikaans Publikasies op Anzé Bezuidenhout se blad.   Gedigte deur Eleen is al op verskeie radiostasies voorgelees op Radio Stasie West Coast 92.3 deur Delene de Wet op Wind af program in Kaapprovinsie voorgelees op 19 de Januarie 2018   Eleen se 5 gedig wat deel was in ñ kompetisie gaan in Pendoring Digters Volume1 Digbundel verskyn 2018. In Februarie 2018 het die sanger, Jeffrey Smith, Eleen se eerste liedjie opgeneem. Die liedjie, Onderdeur die reënboog kan op SoundCloud geluister word. Eleen lewe haar droom uit deur haar passie vir gedigte en lirieke met die wêreld te deel.   Gedigte deur Eleen is al op verskeie radiostasies voorgelees op Radio Stasie FM STERIO online deur BETSIE OLIVIER  program voorgelees op 03 JULIE 2018     Kopieregte voorbehou ©Eleen van Deventer Vorster

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 215 gaste aanlyn

Bydraes – Argief