
BRULLENDE LEEU Verbrokkeling van gesinstrukture
Verbrokkeling van gesinstrukture
BRULLENDE LEEU
Soos ‘n brullende leeu
geel monster brul en skreeu
angs maak jou naar
gevaarlike oë wat vir jou staar
vuuroond gevaar
grootste leeunaar
op moeder aarde gebaar
maak die mensdom klaar
wees nugter
wees wakker
jaloesie maak jou blind
op soek om iemand te verslind
Families word daagliks verwoes
sondes moet ons hoes en proes
om dieselfde soort lyding te verduur
ons gaan vir ewig brand in die vuur
© Eleen van Deventer Vorster
27/11/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.