Jongste aktiwiteit:

Die maan se speelgoedkas

jou laggies was jasmyn
wat huppel oor die gras
kosbaar ons samesyn
toe jou liefde net myne was

elke aand met slapenstyd
moes ek storietjies vertel
van prinsesse en jolyt
die hemel en die hel

Refrein: dan sing ek sag vir jou
van droomland en onthou
dat lugkastele pas
in die maan se speelgoedkas

nou is jou lyfie groot
die feëtjierok te klein
daar is spasie op my skoot
en die tandmuis het verdwyn

maar soms as storms woed
jou droom aan skerwe lê
en lewe se bittersoet
wil jou hart se vrede hê

Refrein: dan sing ek sag vir jou
van droomland en onthou
dat lugkastele pas
in die maan se speelgoedkas

Slotstrofe:
en as Klaas Vakie jou kom haal
na droomland toe ontvoer
dan bou ons lugkastele
langs die maan wat vir ons loer

© Alkallie
15/4/2017




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed