Drug Escape – Rap
ek lewe my eie hel
lat ek jou dit vertel
in my druggiecape
lê my real escape
in die lewe se gejaag
het ek na niks vervaag
sien niemand my raak
of maak ek nie meer saak
ek het myself verloor
drugs het my getoor
forget is my middle name
wat ek dra van shame
met elke nuwe mix
lê my volgende fix
speel ek tricks op my brein
ek kan vergeet van die pyn
my lyf smag na ‘n fix
dit gee my lekka kicks
ek voel niks meer
drugs doof die seer
maak ek my siel dood
met elke stuk daggabrood
my life is ‘n gemors
my siel soek want hy’s dors
met elke nuwe mix
lê my volgende fix
speel ek tricks op my brein
ek kan vergeet van die pyn
flakka is ‘n nuwe streetdrug
jy verander in ‘n zombiethug
ek wil terug baklei
but you threw me away
onder die gat geskop
want ek’s ‘n total flop
met flakka gee ek ‘n show
enigiets net om nie te onthou
met elke nuwe mix
lê my volgende fix
speel ek tricks op my brein
ek kan vergeet van die pyn
life is nie fair
I’ve had my fair share
my drugs in my rope
sodat ek beter kan cope
©Jessica Venter
19/3/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.