Jongste aktiwiteit:

DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 2

HOOFSTUK 2

Haar eerste stap was om uit te vind waar Stephen en Rebecca bly. Dit was maklik, een aand nadat hulle hulle self in die liefde verdrink het en Stephen nakend in haar bed gelê en slaap het het sy in sy baadjiesakke en beursie gekrap. Daar het sy n Medic Alert kaartjie gekry met Rebecca se telefoon nommer op asook die huis telefoon nommer.

Sy het haar in haar eerste struikelbok vasgeloop toe sy die nommer in die telefoongids wou opkyk, die nommer was nie gelys nie.

Die probleem het sy een aand opgelos deur Stephen een aand op n veilige afstand met n motor wat sy by Avis gehuur het te volg tot hy by die hekke van sy luukse woning ingedraai het.

Die Sondag het sy in haar Audi TT geklim en gaan kyk waar Stephen en Rebecca Morrison bly.

Die huis is n drie verdieping huis in die top woonbuurt van die stad en het Shireen dadelik besluit dat sy daarvan sal hou om as Shireen Morrison in hierdie huis, met sy groot grasgroen grasperke en pragtige blomtuin te bly. Oral is die pragtigste struike maar wat haar dadelik opgeval het is die toegangshek met n hut waarin n hekwag aan diens is. Toegang tot die praghuis is dus net op uitnodiging en dit nadat die hekwag jou eers moes identifiseer.

Sy kon nie lank sit en kyk nie want sy was bang sy trek die hekwag se aandag onnodig maar wat sy gesien het was genoeg om haar finaal te oortuig dat sy van Rebecca Morrison gaan ontslae raak.

Shireen het haar werk bedank om voltyds aandag aan Rebecca Morrison te gee. Vir ses weke lank het sy Rebecca se bewegings bestudeer en het sy agtergekom dat Rebecca se bewegings n redelike vaste patroon het.

Om n aanslag op Rebecca se lewe in die huis te maak het Shireen gou besef is onmoontlik. In die eerste plek sal die hekwag haar nie toelaat nie en in die tweede plek is daar bedags te veel personeel in en om die huis.
Dit het sy opgemerk toe sy weer eendag stadig by die huis verby gery het en gesien het dat daar twee tuiniers voor in die tuin besig was.

Dat die aantreklike Rebecca Morrison baie gesteld is op haar voorkoms het Shireen gou agter gekom. Vir haar vyftiger jare met haar gitswart kort hare en lyfie soos n Coke bottel was Rebecca genoeg om baie jonger mans se koppe te laat draai.

Om te voorkom dat haar TT naderhand begin aandag trek het sy sommige dae n Avis motor gehuur om Rebecca in haar luukse Mercedes te volg as sy die huis verlaat. Sy het gou ontdek dat Rebecca Dinsdag oggende saam met n paar vriendinne bymekaar kom en Woesdae haar inkopie dae is. Maandae en Donderdae het sy gaste tuis vir tee ontvang en moes Shireen besluit op watter sy gaan toeslaan tussen die drie dae wat Rebecca die woning verlaat.

Na drie weke was Shireen oortuig dat haar toeslaan dag op n Vrydag gaan wees want dit is die dag wanneer Rebecca n skoonheidssalon besoek en ook haar hare laat doen.

Nadat Shireen dit besluit het het sy tot die beplanning van haar volmaakte moord oorgegaan. Sy het die stad se omgewing begin verken en besluit dat n verlate mynskag die ideale plek sal wees om van Rebecca ontslae te raak, sy moes Rebecca net daar kry en as sy eers daarin verdwyn het is die kanse redelik skaars dat haar liggaam ooit ontdek sal word.

Die volgende stap was om te besluit hoe om Rebecca daar te kry want vrywilliglik sal sy beslis nie gaan nie.

Shireen het haar huiswerk begin doen deur verskeie speurverhale te lees en ook op internet navorsing te doen oor verkillende moorde.

Daarna het sy rustig gaan sit en haar plan van aksie uitgewerk. Sy het besluit dat sy n pistool nodig het om Rebecca te skaak en dan na die mynskag te ontvoer waar sy haar sal skiet en saam met die pistool in die skag afgooi om vir goed te verdwyn.

Al wat sy moet doen is wag tot Rebecca by haar motor kom, vinnig nader te stap en die pistool in haar rug te druk. Om seker te maak dat haar aandag nie afgetrek word nie sal sy Rebecca na haar voertuig toe dwing en sal sy Rebecca laat bestuur sodat sy die pistool die hele tyd op Rebecca gerig kan hou.

Dat Rebecca sal saamspeel het Shireen swaar op die oorlewingsfaktor, wat maar in elke mens ingebou is, staat gemaak. Mens klou maar tot op die laaste aan die lewe vas met die hoop dat iets sal gebeur.

Stap twee in Shireen se beplanning is om n pistool in die hande te kry en n voertuig want sy wil nie haar Audi of n huurmotor gebruik nie. Om n motor te huur is vir haar n direkte spoor terug na haar indien iets sou skeef loop. Sy kan wel haar Audi tot in die parkeer terrein gebruik maar daar sal n ander voertuig beskikbaar moet wees want sy is net bang die Audi trek aandag. Sy sal dus n voertuig moet steel of leen uit die parkeer area uit.

Dit is terwyl sy aan haar plan werk dat Shireen besef dat sy n voertuig buite in die straat sal moet steel om in die parkeergarage in te kom en uit te gaan. Sy sal nie kan uitkom sonder n parkeer kaartjie nie.

Sy sal ook moet seker maak dat sy op die regte tyd toeslaan, dit moet dus wees as Rebecca klaar is in die salon. Gelukkig kon sy vasstel dat Rebecca gewoonlik net so voor twaalf uit die salon uitkom en dan gewoonlik dadelik huis toe gaan. Sy moet dus n voertuig so om en by elf uur steel om betyds in die parkeer garage te wees om tyd toe te laat om Rebecca se Mercedes te soek en dalk te wag vir n naby parkeerplek om oop te gaan., al moet sy maar bietjie kringe ry tot daar n parkeer plek naby die Mercedes oopgaan.

Soos reeds gesê, Shireen is nie baie intelligent nie. Haar volgende probleem on haar volmaakte plan te volvoer was om n pistool in die hande te kry en om n motor te steel is ook nie so maklik vir n leek nie.

Die twee probleme het vir haar onoplosbaar gelyk tot sy in n speelgoedwinkel n speelgoed pistool raakgeloop het wat net soos n werklike pistool lyk. Sy het die pistool gekoop en was een probleem opgelos.

Die plan is om Rebecca met die pistool in die motor in te dwing en haar te laat bestuur tot by die skag. Sy sal nou wel nie vir Rebecca kan skiet nie maar daar is ander maniere om Rebecca te vermoor. Al wat sy moet doen is om Rebecca te bedwelm met n sakdoek vol chlorofom en dan kan sy Rebecca in haar bewustelose toestand in die mynskag afgooi.

Die motor om te steel was egter n ander probleem. Met haar rondryery het sy die straat voor die parkeer area begin bespied en gou gekry wat sy soek, n ouerige Datsun Stanza wat blykbaar bedags vir die hele dag daar geparkeer word, sy moes net n sleutel vir die motor in die hande kry. Die eienaar moet êrens werk want hy parkeer vroeg daar en staan die voertuig daar tot vyf uur, die voertuig kan dus lank verdwyn sonder om agterdog te wek.

Dit was toe sy die motor van nader bekyk het wat sy ontdek het dat die slot al redelik geslyt is. Met n geluk skoot het sy die motor met n ander sleutel oopgesluit gekry en wonder bo wonder was die binneslot net so geslyt en kon sy die motor met dieselfde sleutel aanskakel.

Daar is net een probleem en dit is dat die kanse gering is dat sy weer dieselfde parkeerplek gaan kry as sy terugkom. Sy sal dus geduldig met haar terugkeer in ander parkeerplek moet wag tot die plek oopgaan en dan weer daar inglip. Sy sal ook petrol in die Datsun moet gooi om agterdog te voorkom.

Met haar planne in plek is dit geduldig wag tot Vrydag toe wanneer Rebecca Morrison vir haar Vrydag uitstappie gaan om van Rebecca onslae te raak.

Vir nog drie weke maak Shireen doodseker dat Rebecca wel elke Vrydag die salon besoek en toe besluit sy finaal dat Vrydag haar toeslaan dag gaan wees. Vir haar is dit die ideale plek en geleentheid om Rebecca te skaak en van haar ontslae te raak en haar tyd te gun om haar spore dood te vee.

Intussen gaan dinge tussen haar en Stephen sy normale gang. Hy besoek haar gereeld maar roer sy die aangeleentheid van n egskeiding met Rebecca nie weer aan nie. Sy wil ook nie te knaend raak nie want sy is bang dat Stephen dalk agterdogtig kan begin raak en na Rebecca se verdwyning dit dalk aan haar kan verbind.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed